Saturday, September 4, 2010

Vadersdag 2010

Hier Doer Onner hou ons mos vadersdag op ‘n ander dag as in SA, en vandag was dit my beurt.  Dis te lekker – vandag is Vadersdag, en volgende week verjaar ek!

Ek is wakkergemaak met koffie en Ouma beskuit, en die klomp het vir my gesing.

Anica was eerste met haar geskenkies:

scan0005 scan0004

Die eerste ene is “ ‘n huis, en nog ‘n huis”.  Die tweede ene is “ene van ponies, met ‘n reënbooghuisie.”

Carissa het vir my die pragtige hartjie boksie gemaak met die klomp briefies in:

scan0003

scan0002

Die pienk briefie sê “I love it when you play “kielie en kry” with me, Michael & Anica”.  Anica het eendag die naam vir die speletjie uitgedink, en my kom vra of ons “kielie en kry” kan speel.  (Dis sommer net ‘n mengsel van vang-vang, wegkruipertjie, donkerkamertjie en in die huis rondhardloop.)  Nou is dit die amptelike naam van ons speletjie.

Ek het gister hard genoeg geskimp dat daar ‘n nuwe John Grisham boek by BigW te koop is, en Celesti was skerp genoeg om die skimp te vang.  (Michael was baie beindruk met die geskenk wat “ons” gekoop het, maar was nie heel seker wat hulle gekoop het totdat ek dit oopgemaak het nie…)

Anica het besluit om bo-op my te spring, en toe het ons eers ‘n stoei-sessie bo-op die bed gehad en onder die komberse.

Dis ‘n voorreg om die pa te wees van sulke oulike kinders. 

No comments:

Post a Comment