Monday, August 29, 2011

Wednesday, August 17, 2011

Pragtige natuurfotos

Hierdie natuurfotos is so mooi, my oë traan nou eintlik van vreugde:

IMG_1129

IMG_1132IMG_1141

IMG_1131

Regte egte organic biltong – no other animals were harmed during the making of this product.  Completely biodegradable and environment-friendly.

Dit kan mos net ‘n ou biltongboer se hart blymaak om dit te sien.  My ou biltongkassie het ‘n goeie job gedoen.

Die lewe is ‘n fees!

Saturday, August 13, 2011

Biltongkas

My vorige pogings om biltong te maak met ‘n stupid dehydrator het nie lekker gewerk nie.  Die ding waai warm wind deur die vleis, maar hy maak dit te warm, en dan is die vleis so half gekook – nie lekker nie.  As jy dit nie vinnig genoeg uithaal nie dan kook die vleis, maar die dikker stukke is weer nie reg as jy dit te vroeg uithaal nie.

IMG_0931

Toe besluit ek dis tyd vir bietjie handewerk in die garage.  Ek bou eerder my eie “purpose-built” boer-maak-‘n-plan biltongkas:

Biltongkas sonder gaas

Ek het sommer vir die ding wiele ook gegee, nou kan hy vinnig geskuif word as die aliens aanval of as ons moet vlug vir die wille dingos.  Ek kan hom dalk agter die kar sleep as ons op vakansie gaan ook.

wheeliebin

Die gaas het ek met ‘n staple gun vasgestik – so maklik soos niks. Die hardste werk was om al die lyne te span binne-in:

IMG_0969

Nou moet ek net eksperimenteer met tyd, windrigtings en temperature, en dan het ons ‘n wenresep. 

IMG_1123

Biltong verkoop in hierdie geweste vir meer as $60 per kg.  Ek gaan ‘n miljenêr word – dis nou as ek nie al my profyt self opvreet nie.