Soos gewoonlik was hier weer hordes Kersfees konserte en ander gebeurtenisse. Ek gaan alles sommer bymekaargooi:
Beachway se jaarlikse konsert was ‘n vreeslike fancy profesionele affere, heel anders as jou gewone Kerk konsert. Al die kinders het natuurlik hulle rolle gehad in die spel, en Celesti was soos gewoonlik diep betrokke met alles, veral die musiek.
Na die tyd was daar gekuier ny die Beach house, en daar was ewe ‘n brandweerwa vir die kleintjies om in rond te ry.
Die skool se konsert:
By die huis is daar Kersboom opgeslaan, en Anica was die enigste helpertjie – sy het basies die hele boom versier hierdie jaar:
Ons het Ou-kersaand by Julie en Phil se huis spandeer saam met ‘n paar ander gesinne. Die swembad was baie gewild onder die kinders, en hulle het amper die hele tyd in die swembad spandeer.
Daar was baie om te eet, insluitende ‘n “roast” wat ek die vorige dag in die Weber aanmekaargeslaan het.
Die jaarlikse nativity play het natuurlik ook weer aan die beurt gekom: