Thursday, January 27, 2011

Australia Day

Gister was Australia Day, en soos gewoonlik was dit ‘n groot fees regoor die land. Mense trek op na die stad in hulle hordes, en gister was daar meer as 300,000 mense by die feesvieringe. Almal trek op met kinders en pakkasies en hou piekniek al hier van 4uur die middag af. Teen 7 uur raak dit skielik baie meer beknop, maar elke ou kry darem nog ‘n sitplekkie iewers in Kings Park.

Die vuurwerke begin net na 8 uur, en die volkslied word uit volle bors gesing net voor dit afskop. Mense bring hulle radios saam en dan speel die radiostasie die musiek vir die volkslied en die vuurwerke.

Die atmosfeer is altyd baie positief en mens kan nie help om saam te “oi oi oi” nie.

Hier is ‘n paar fotos

die groot vlagIMG_9702

IMG_9779IMG_9742IMG_9760IMG_9761IMG_9765

IMG_9777IMG_0309IMG_9931IMG_9961IMG_9982IMG_0280

Friday, January 7, 2011

Anica se eerste solo nommertjie

http://soundcloud.com/heikoweck/away-in-a-manger-4/s-fGphu

Kliek op die link, en kliek dan op die driehoekige oranje knoppie wat soos 'n PLAY button lyk - hopelik werk dit nou!

Wednesday, January 5, 2011

‘n Dag op die Swan rivier

Anica se maatjie Madison se pa Phil het ‘n boot, en hy het al lankal gesĂȘ ons moet eendag saam uitgaan op sy boot.  Hulle is oorspronklik van Zimbabwe af, en bly ook al so paar jaar hier in Perth.

IMG_9489

Ons het toe Maandag ‘n dag daarvan gemaak, en dit was baie lekker.  Die son was warm soos altyd, en ons het ‘n cool-box vol ys en koeldrank saam met die piekniek kos gelaai.

Michael het ook ‘n beurt gekry om die boot te bestuur, en ek en Celesti het ook later probeer matroos speel.

IMG_9541IMG_9542IMG_9659

Mens sien ‘n baie mooi uitsig van die stad as jy op die rivier ry.

IMG_9652

IMG_9611

IMG_9617

IMG_9627IMG_9630

IMG_9626

IMG_9645

IMG_9666