Thursday, January 27, 2011

Australia Day

Gister was Australia Day, en soos gewoonlik was dit ‘n groot fees regoor die land. Mense trek op na die stad in hulle hordes, en gister was daar meer as 300,000 mense by die feesvieringe. Almal trek op met kinders en pakkasies en hou piekniek al hier van 4uur die middag af. Teen 7 uur raak dit skielik baie meer beknop, maar elke ou kry darem nog ‘n sitplekkie iewers in Kings Park.

Die vuurwerke begin net na 8 uur, en die volkslied word uit volle bors gesing net voor dit afskop. Mense bring hulle radios saam en dan speel die radiostasie die musiek vir die volkslied en die vuurwerke.

Die atmosfeer is altyd baie positief en mens kan nie help om saam te “oi oi oi” nie.

Hier is ‘n paar fotos

die groot vlagIMG_9702

IMG_9779IMG_9742IMG_9760IMG_9761IMG_9765

IMG_9777IMG_0309IMG_9931IMG_9961IMG_9982IMG_0280

No comments:

Post a Comment