Ons het Ou-Kersaand weereens die jaarlikse Weck-Nativity scene ding gedoen, met Anica wat nou al opgegradeer het van Baby Jesus se rol na Moeder Maria se rol. Kan jy glo.
Ons het ook intussen ‘n goedkoop opblaas swembad gekoop, en ek dink dit was een van my beter beleggings hierdie jaar gewees. Die kinders geniet die ou poeletjie gate uit.
Siende dat daar deesdae waterbeperkings is, dink ek nie die Watercorp gaan te gelukkig met my wees oor al die water wat so rondspat nie. Aan die ander kant, ek gebruik die produk wat ons verkoop - dit mos goeie bemarking of hoe?
Die Weber is ook ingespan om ‘n paar stukkies boerewors gaar te maak:
Daar was baie ys en drinkgoeters ook – dit was ‘n warm Desember hierdie:
Ons het ook ‘n nuwe tafel vir die agterplaas gekry, en hy is goed ingewy op Ou-Kersdag:
Hier is ‘n paar van die toneelstuk se fotos:
Wayne was die ster van Betlehem:
En toe was dit tyd vir die “rondomtalie presentjie speletjie”: