Tuesday, January 26, 2010

Australia day – by King’s Park

IMG_5629Helikopter vlieg oor die Swan rivier met ‘n grooooooot vlag

Anica swaai die vlag met mening:

IMG_5653

IMG_5647IMG_5655

Oupa George sou die vliegtuie geniet het:IMG_5667IMG_5634  IMG_5676

Monday, January 25, 2010

Dronk hoenner

Ons het nou die dag by Hippo Creek gaan eet om ons trou-herdenking te vier.  Dis ‘n sogenaamde “African Grill” by Hillarys Boat Harbour.

Die menu begin sommer met starters wat biltong en droewors insluit:

image

As jy daai sommetjie vinnig maak, dan sien jy die biltong gaan teen $80 per kg.  Dis nou Aussiedollars, nie Namdollas of Zimdollas nie.  Selfs in Perth is dit bietjie belaglik.

Ons het een “mud hut” vir voorgereg bestel en hom gedeel.  Baie lekker.

Celesti het ‘n dronk hoender bestel, en dis hoe hy lyk:

Dronk Hoenner Dit was nou nie heeltemal wat sy verwag het nie.  Die beskrywing op die menu is as volg:

image Jy kan die hele menu aflaai van die internet af as jy wil.

Ek het ‘n stukkie angus beef rump geproe, met ‘n knoffelsousie by.  Celesti was nie baie happy oor daai knoffeltjie nie…

Ek het ook ‘n ou bekende gesig op die menu raakgelees, en moes maar enetjie bestel.  Hy kom al die pad daar van Windhoek af:

Windhoek bier

Monday, January 18, 2010

Lekker somer dae

Gister was ‘n heerlike koel somersdaggie, in vergelyking met vandag se 44.1 grade.  (Celsius, nie Fahrenheit nie.)

Ek begin nou die lekker warm weer geniet, en ek was skoon hartseer om te sien dat more se voorspelling ‘n ou skamele 37 grade is.  Nou ja, ons kan nie altyd alles kry wat ons wil he nie, ne?

New Picture (3) image

Ons het vanaand weer tyd by die see spandeer tot na agtuur.  Dis een van die voordele van die warm weer – die water is heerlik.

Sunday, January 17, 2010

‘n Bietjie warm?

Vandag het die weervoorspelling gesê dit gaan so maksimum van 41°C word.  Ek het op die weerblad gaan loer, en op ‘n stadium het dit so gelyk:

New Picture

Ons het na vyfuur vanmiddag strand toe gegaan, en daar gebly tot na agtuur, toe die son al weg was.  Dit was heerlik.

Een van ons vriende het met sy kop in die sand beland na ‘n brander hom omgegooi het.  Sy hele kop was bebloed, maar hy hou net aan swem.  Ek het later gewonder of hy nie haaie gaan naderlok met sy bloed nie.

Anica wou eers niks weet van die water af nie, maar het ewe skielik besluit dis lekker, en ek moes net keer dat sy nie te diep ingaan nie.

Teen 20h30 vanaand het dit so gelyk:

image

More gaan dus nog ‘n lekker warm daggie wees.  Ek sal maar in die kantoor onder die aircon wegkruip – dalk werk ek sommer bietjie laat ook, net om die hitte te ontsnap.

Friday, January 15, 2010

2010 en daarna

Dis moeilik om te glo dat 2010 aangebreek het - en ons het nog nie eens 'n vakansie op die maan gehad nie.  Ons voertuie gebruik steeds petrol, en ons eet vleis, groente en vrugte - nes ons voorvaders.  Die wêreld het eintlik nie te veel verander in die laaste tien jaar nie.  Ons het egter 'n paar kinders ryker geword, en het getrek na 'n ander kontinent toe.  Dit was alles groot dramatiese stappe in ons lewens.

Die blog verander ook so saam met die nuwe dekade.  Ons ou blog bestaan nog, maar is so bietjie weggesteek op 'n ander plek.  Ek wou graag letterlik en figuurlik met 'n nuwe skoon blaadjie begin. 

Ons het gister die brief van die Immigrasie kantore gekry.  Ons is nou amper Permanente Inwoners van Koalaland, ons moet net eers landuit gaan om die visas te aktiveer.  Dit beteken ons toekoms hier in Australië is nou bietjie meer permanent.  Ons het nou al die regte en voorregte wat gewone burgers het, ons kan net nie stem nie.  En ek kan vir enige maatskappy werk, indien ek ooit sou wou verander van werk.

Ons sal dalk Bali toe gaan, of Singapore, afhangende van wat alles ons kos.  Na al die mediese toetse en die aansoek-kostes, moet ons nou nog 'n hele paar dollars spandeer om vakansie te gaan hou.  Ander mense volg natuurlik 'n makliker paadjie - hulle klim op 'n boot, trek die prop uit naby Australiese waters, en dan hoop hulle die mense kry hulle jammer en laat hulle permanent oorbly.  Ongelukkig werk dit nie vir almal nie, en dis 'n wille kans om te waag daai.

Soos ek gesê het, ons begin die blog met 'n skoon blaadjie.  Hou dop vir meer nuus later.