Saturday, June 23, 2012

K factor

Anica het onlangs deelgeneem aan die skool se “K factor” kompetisie en ewe ‘n eerste prys weggeslaan.

Sy het die liedjie self geskryf (met ma se hulp) en pa het gehelp om die musiek op ‘n CD backtrack te sit.

Thursday, February 23, 2012

Michael word 14

IMG_2651IMG_2653

Bokse staan in die agtergrond, want ons trek binnekort na die nuwe huis toe.

Anica se eerste Merit Award

IMG_2640

Award for “Completing fantastic work in English”.

Toe ons hier aangekom het in Australia kon sy nie eens ‘n woord Engels praat nie!

Monday, January 9, 2012

Boer met biltong

Ek het nou al 6 kg se biltong hierdie jaar verkoop, alles met een advertensie wat ek by die werk opgesit het.

Teen hierdie tempo gaan ek een van die dae aftree en boer met biltong.

IMG_0971

IMG_1122 cropped

Ek het my biltong-hok so bietjie opgegradeer en die toutjies met kettinkies vervang. 

Die toutjies sak te veel af as jy te veel gewig daaraan hang, waar die kettings altyd dieselfde spanning het, en die biltong kan nie afskuif en teen mekaar raak in die kas nie.  Die biltong hakkies haak ook maklik in die kettingkies in.

Dis ook nou baie maklik as jy onder wil werk, die boonste kettings haal maklik af en jy kan al die kettings uithaal as jy die hok wil skoonmaak.  Ek sit tinfoil onder in die hok, ek vou dit op teen die rante onder, en dan is daar die minimum gemors binne-in die hok as jy klaar is.  Haal die tinfoil uit en gooi weg en siedaar – ‘n skoon blink hout boks.  As jy regtig wil kan jy die kettings ook skoonmaak na die tyd.

Dis ‘n baie goedkoop oplossing.  Ek dink my hok se ontwerp is nou redelik uitgesorteer.  Stuur baie geld en ek stuur vir jou die afmetings en instruksies!

IMG_1975

Party mense bestel sommer 2 kilos op ‘n slag, ek sal nou ‘n groter hok moet bou wat ‘n hele bees kan hanteer!  Net soos ek dink my voorraad gaan nog ‘n week hou, dan kry ek nog ‘n bestelling.  Dis dalk tyd om my prys op te stoot, teen $40 per kilo is dit die goedkoopste biltong in Perth.

Mensig, met ‘n klein bietjie harde werk kan mens baie geld maak…