Saturday, April 24, 2010

Michael die drie-drukker

IMG_6962 IMG_6963  IMG_6964

IMG_6964IMG_6965

Michael het vandag weer twee drieë gedruk vir die Wanneroo onder-12 spannetjie.  Hier is die tweede ene:

 IMG_6975 IMG_6976 IMG_6977 IMG_6978 IMG_6979 IMG_6980 IMG_6981 IMG_6982 IMG_6983 IMG_6984 IMG_6985

IMG_6986

Saturday, April 17, 2010

Nog Singapore fotos

Hier is nog ‘n paar fotos van ons lekker tye in Singapore:

By Wild Wild Wet, ‘n waterpark:

scan0003

Die karretjies by Sentosa eiland:  Carissa ry voor, en Celesti en Anica is links agter:

scan0001

Ek en Michael ry kabelkarretjie (ook Sentosa eiland):

scan0002 

Anica en Teddie albei veilig vasgemaak in die taxi oppad lughawe toe:

IMG_6797

Nog fotos in die taxi:

IMG_6810 IMG_6785 IMG_6801 IMG_6802

Ons is uiteindelik weer terug by die huis.  Dis lekker om weer groot oop spasies te sien en nie in geboue vas te kyk nie.

scan0004

Saturday, April 10, 2010

Die Sim Lim ervaring

Almal het my vooraf vertel van hierdie fancy electronics store in Saunapoer wat 4 verdiepings hoog is en net elektroniese toerusting verkoop. Met hierdie prentjie in my kop het ek ‘n groot winkel verwag waar ek kan rustig soek vir items en besluit of ek hulle wil koop of nie.

Dink weer.

Ja, jy kan amper alles daar kry, en dis 6 verdiepings hoog. Maar dis nes hierdie Afrika straatmarkte - elke winkeltjie verkoop naastenby dieselfde gemors as die een langs hom. Dis nie een groot massiewe winkel nie, dis 5 miljoen klein winkeltjies. Met klein bedoel ek kleiner as ‘n huis in Katutura. Baie kleiner as ‘n 20 voet container, maar met meer goed in daai hokkie as wat jy in baie containers sal inkry. Party vloere spesialiseer meer op rekenaars, en ander weer kameras, en so aan.

Die probleem kom by die “kyk en self soek “gedeelte. As jy lyk asof jy na iets kyk, dan bestorm ‘n salesman jou met beloftes van ongelooflike afslag en ekstra goed wat jy nie wil he nie.

Ons het soontoe gegaan met die idee om vir Michael ‘n MP3 player te soek. Ek het per ongeluk ook die fout gemaak om belangstelling te toon in ‘n groter zoom lens vir my kamera. Die verkoopsman was baie gemotiveerd, en het ewe die prys van S$495 afgebring na S$350 met ekstra goed wat ek nie wil he nie - alles binne minute. Ek wou egter nie die ding koop nie; ek wil net kyk wat kos hy. Die man is soos ‘n bosluis - hy wil my nie los nie. As ek sommer nou dadelik my kredietkaart neersit, gee hy my nog afslag. Dit bevestig net my vermoede dat sy prys veels te hoog is.

Niemand sit pryse op die goed nie. Jy moet vra wat kos dit, en dan begin hulle met die slenters. Wat jy eintlik wil he is nie die ding nie, maar daai ene, en so gaan dit aan.

Ons kry later ‘n MP4-player by ‘n plek. Die ou wys vir my ‘n dingetjie wat kan videos wys, jou wakkermaak in die oggend, en voice recordings maak. Hy het ‘n FM radio in, en nog baie ander goed wat ek nie voor gevra het nie. Na ‘n halfuur se demonstrasie van die kleiner model kom ons by die prys uit. Maar wag, daai is nie die een wat jy wil he nie - die goeie kwaliteit is die groter ene wat 395 kos. En omdat ek vandag sy eerste customer is kry ek helse afslag.

Toe hy uiteindelik verstaan dat ek nie so baie geld wil spandeer nie, toe vra hy hoeveel is ek dan bereid om te spandeer. Die oudste trick in die boek. Hy wys vir my ‘n MP4 playertjie wat ek vir ‘n skamele S$120 kan kry - what a bargain! Ek sê baie dankie, maar ek sal nog bietjie rondloer eers. Hy gryp weer sy calculator en werk uit dat die ding nou net S$90 kos. Ek groet hom en sê “see you later”, en hy bring die prys af na S$70. Ek vra vir Michael wat dink hy - hy is vol smiles en wil net koop. Gelukkig het ek die voordeel dat ek voor die man in Afrikaans kan praat en dan hoor hy nie dat ek aan my seun vertel die ou is ‘n sleg kroek nie.

Ons stap later daar uit, en ek gee my seun eers weer ‘n morele lewensles. Moet nooit dat iemand iets aan jou verkoop net omdat hy kamstig die prys afgebring het nie.

Ons stap deur nog 200 van hierdie winkeltjies totdat ons dieselfde ding sien vir S$41.95. ‘n MP4 player met ‘n kleurscreen en al die dinge wat jy soek - presies dieselfde ding wat daai skurk probeer verkoop het vir drie keer die prys. Al probleem is dat hierdie ou uit voorraad gehardloop het. Ek kan sien hoekom.

Ons kry dieselfde ding by twee ander winkels vir S$50. Reguit prys, geen tierlantyntjie en beloftes nie, net reguit kwotasies van S$50. Dit klink na die regte prys. Dis gelyk aan 40 Aussie dollars, en ek weet ek sal die ding nerens in Perth vir daai prys kry nie.

Ek hou nie van hierdie bargaining stories nie - gee my ‘n groot BigW of iets soortgelyks waar die pryse neergeskryf is en jy kan rondsoek waar jy wil.

Die finale prys was goed, maar ek is baie bly ek het vir niemand belowe ek koop vir hulle iets in Saunapoer nie...

Thursday, April 8, 2010

Stickers in my paspoort

Ek het vanoggend opgestaan met een doel voor oë.  Dit was om uiteindelik by die Australiese ambassade in te gaan en my paspoort te oorhandig, sodat ek my permanent residence visa kan kry.  Dis hoekom ons na Sweetfontein toe gekom het in die eerste plek.  Die email wat Immigrasie aan ons gestuur het, het verduidelik dat ons eers drie werksdae moet wag voordat ons na die ambassade toe gaan.

Dan moet jy voorsiening maak vir nog 5 dae vir hulle om jou goed af te handel.

Die een voordeel van vandag se trippie was dat ek alleen kon beweeg.  Geen vrou of kinders nie – geen huismoleste nie.  Dit was baie makliker.  Ek het eenvoudig op google gaan kyk watter roete moet ek vat.  Ek het twee busse gevang en reg voor die ambassade se deur gestop.  Daardie area van Singapore is ongelooflik mooi.  Dis definitief die beter buurt, as mens dit so kan stel.  Anderkant die treinspoor of so iets.

Die Australiese ambassade is reg langs die Amerikaanse een.  Ek weet nie of dit so blink idee is nie, maar hulle voel seker albei veiliger langs mekaar.  Dit maak egter die terrs se target area bietjie wyer en makliker as jy my vra.

Daar is intense sekuriteit by daardie plek.  Dis erger as wat dit op die Grens was destyds.  Die pad waar die karre ingaan het ‘n hek – maar dis nie sommer enige hek nie.  Daar is geen manier wat jy deur daai hek jaag met jou A-team van nie, al het jy armoured plating opgeplak.  Daar is twee sulke groot metaal hobbels in die pad.  Hulle laat sak eers een hobbel in die grond in, en dan stop jy tussen die twee hobbels, met nog hekke ook tussen-in.  Die wag kyk jou eers deur, en as hy tevrede is dan radio hy iemand anders wat die tweede hobbel laat sak, en die ander een het intussen al weer opgelig.

By die hek waar voetgangers ingaan, moet jy jou selfoon en enige kameras en ‘n foto ID uitlewer aan hulle genade, en hulle gee vir jou ‘n kwitansie.

Toe ek uiteindelik deur al die sekuriteitshekke is, en ek loop uit, toe staan hier ‘n arabiese terroris reg langs my met ‘n AK.  Ek skrik my lam, ek dog dis die derde wêreldoorlog wat aanbreek.

Dis toe al die tyd een van die tuiniers met ‘n weed eater – hy het so kopdoek om sy kop om die gras uit sy gesig te hou, en groot lelike safety goggles wat amper soos ‘n gasmasker lyk.  Jong, ek het amper oorlog gemaak daar in die ambassade se gronde.

Die visa het toe eintlik baie vinnig gegaan.  Hulle het binne 5 minute die oranje stickers in al vyf paspoorte geplak, en alles is klaar.  Daai tannie agter die venstertjie weet nie hoe hard ek moes werk om tot by hierdie punt te kom nie.  Daar was IELTS taaltoetse, police clearance vorms wat maande lank gevat het, unabridged birth certificates, mediese toetse, en wie weet wat nog alles.

Uiteindelik is dit klaar.  Ek wil nou wegkom uit Sauna-poer en huis toe gaan.  Ek dink egter dit gaan my dalk ‘n klomp Singapura dollas kos as ek die kaartjies nou verander.  Ons sal maar nog so bietjie moet sweet en kyk of ons dit kan uithou.

In die sweet van jou aangesig

Jong, ons het nou twee stywe dae agter die blad. Twee baie vol, besige dae. As ons in die aande by hierdie klein herberg se stal kom inboek, dan is ons pootuit.

Ek ken van hitte: Ek het grootgeword in Windhoek; ek was op die grens; ek het baie Wamboland toe gegaan - en bo-op dit alles woon ek nou al 18 maande in Perth wat ook vrek warm kan word. Maar ek kan jou een ding vertel - hierdie Singapore is ‘n peslike warm plek. Dis daai vieslike bedompige hitte wat mens daar in Mosambiek ook kry. Dis nie eers 30 grade nie, maar ek sweet soos ‘n wilde hond op hitte.

Man dit maak my klaar. Gelukkig het ons lugverkoeling daar in ons hokkie waar ons slaap. Maar selfs dit veroorsaak huis-moles. Ek wil die ding koud he, en my vrou bibber nou kamstig so van die koue dat sy die hitte opstel na 26 grade - hoe moet mens so oorleef, vra ek jou?

In elk geval. Dis vrek warm. Al die winkelsentrums het lugverkoeling. Jy loop so ent na die busterminaal, dan het jy nou al sewe emmers sweet uitgesweet. Dan sien jy ‘n deur, en jy glip eers daar in en drink die koel lug in sulke diep teue in. En as jy weer daar uitstap, dan wil jy vrek. Dit voel asof iemand ‘n sauna se deur oopmaak in jou gesig. Jy sweet sommer weer drie emmers uit nog voor jy drie treë gegee het. My brilglase wasem sommer op, en as ek my kamera uit sy sak haal dan is sy lens opgewasem.

Al my klere is nat. Heeltyd.

Almal vertel my Singapoer is so mooi skoon stad, maar glo my - Perth is tien keer skoner as hierdie plek. Hier is mooi dele in Singapore, maar die mense wat vertel dis so 'n skoon plek het in die fancy hotelle gebly en net na die laanie plekke toe gegaan. Jy sien ook baie mense sommer hier langs die pad so oor ‘n bankie gedrapeer asof dit ‘n bed is, of ou mense wat sit en vrot lyk.

Gister was ons by Universal Studios op Sentosa eiland. Dit was ongelooflik. Ek sal eendag nog fotos oplaai, maar hierdie free Wi-Fi wat ek hier het is bietjie flou partykeer, en dan is die foto laaiery nie so lekker nie.

IMG_6248

‘n Trip na Universal hou jou ‘n hele dag besig. Dis vet pret, maar hierdie hitte neem bietjie van die plesier uit die ding uit as jy my vra. Ons was pootuit toe ons hier aanland gisteraand.

Streescene

IMG_6352

Vandag was dit die Dieretuin se beurt. Eers is dit ‘n nagmerrie trein en busrit om daar te kom. Ons mense van Windhoek ken nie van hierdie planes trains en automobile affêres nie. Dis aanmekaar huismoles as ek sê links en my vrou sê regs, en dan is my twaalfjarige seun die enigste een wat weet waar ons moet gaan. Hy het my nou al hoeveel keer uit die moeilikheid gered. En dan wil vroulief nog he ek moet aanmekaar directions vra - verbeel jou.

IMG_6483

Die zoo is in ‘n baie mooi deel van Singapore – daar is reenwoude in daardie area, regtig mooi. Ons het wereens ‘n hele dag se entertainment hier gehad, en het nog steeds nie alles gesien nie.

IMG_6503
Ek het wel weer snaakse human characters raakgeloop. Hoekom ek altyd die goed moet oorkom weet ek nie.

Eers klim ons daar in die trem. So engelse antie begin my daar wegjaag asof sy die trem besit of iets. Sy hou plek vir iemand, en hoe meer ek agter by my vrou en kinders probeer kom, hoe meer druk sy my weg met haar hand. Jong, ek het haar amper ‘n goeie taai klap gegee.

Toe is daar hierdie ander wit antie. Sy rook dat die wolke so staan. Ek is oppad toilette toe, en ek sien die wolke hier voor my. Ek haat hierdie stink rook gewoonte, en ek begin klaar kwaad raak vir die simpel antie wat rookwolke hier in my pad los. Dis erger as die dieretuin se bosvark se winde. So hoes-hoes ek al die pad tot by die toilette - die antie staan steeds voor my. Ek is later binne-in die mans toilette, en sy is steeds daar - ek vee my oë uit en kyk weer - wraggies, daar is die muur-urinale wat jy nooit in ‘n dames toilet sal sien nie. Ek kyk weer op die deur - GENTS, met ‘n prentjie van ‘n mannetjie op.

O gaats, netnou is sy ‘n transvestiet of ‘n hermafrodiet of ‘n ding? Sy staan en rook rustig hier in die manne se plek. Ek mik so na daai piepie plek toe, maar maggies man, elke man het sy trots. Sy gaan nie ‘n free peek show van my af kry nie.

Ek sê vir haar “this is the mens room!”, en sy gooi een of ander spaanse string woorde daar in my rigting, en trek haar skouertjies op asof sy nie verstaan nie. Ek wys na die piepie bakke daar teen die muur en sê “MAN place; this one!”  Sy kyk my so onbeskof aan en stotter iets en loop uit. Kan jy glo. Geen maniere nie.

Na ons ‘n hele klomp diere gesien het, hier teen drie-uur die middag, was ek half dood. Ek sien toe hierdie lieflike plekkie waar die kinders kan speel in die water. Ons het lank daar vasgehaak - die perfekte plek in sulke weer. Dis net water wat spat waar jy kyk.

IMG_6510


Oppad terug het ons van die bus af oorgespring op een trein en toe weer op ‘n ander ene - met die nodige huismoleste tussen-in. Daai laaste trein was ‘n regte sardientjieblik special - dit ruik ook sommer soos sardientjies. My jongste meisiekind sê ewe kliphard “Mamma, dit stink!” Gelukkig verstaan die mense nie Afrika se taal hier nie.

Die trein het ons afgelaai naby Bernard en Melissa se plek waar ons gaan eet het. Ons het eers tienuur in die aand weer teruggegaan huis toe, en moes eers weer die trein gaan soek met kinders wat brom en kla - en die gewone huismoleste.

Dis nou half een in die oggend. Ek sit en tik hier onder in die lobby. Miskien moet ek maar gaan inkruip. Dit was ‘n lang dag.

Groete uit Singapore…

Wednesday, April 7, 2010

Ons beloer vir Singapoer

Ons het nou al ‘n klomp interessante soorte kosse hier gesien.  Daar is al hierdie snaakse goed wat lyk soos hond of kat, of stukke seewier en boomwortels wat die Oosterse mense mos eet, maar daar is ander surprises ook.

Soos “sweet-corn” roomys.  Verbeel jou ‘n roomysgeur wat soos ‘n dekselse soetmielie proe – hy’t so geel kleur, en smaak nes ‘n mielie.  Sies man.  Wat ‘n teleurstellling as jy daai roomys in jou mond sit…

IMG_6178

En dan was daar die grootste, stoutste hamburger wat ek in my lewe nog gesien het.  Die ding is amper so groot soos my jongste dogter.

IMG_6210Danksy ons local vrinne hier het ons ‘n bietjie geproe aan die Mother of all burgers. Wat ‘n fees – dis nou ordentlike kos!

IMG_6209

Ek het ook die Mother of all escalators gesien.  Dis nou ‘n roltrap, vir dies wat nie weet nie.  Die ding loop aaneen vir vier verdiepings lank.

IMG_6213

Ou Darth Vader het ook vir ons gewag hier om ‘n hoek:

IMG_6212Hier is baie soorte fietse te sien:

IMG_6204 IMG_6201 IMG_6202 IMG_6203

Tuesday, April 6, 2010

Toer na Singapoer

Die tyd het uiteindelik aangebreek.  Ons vlieg landuit sodat ons in die land kan bly.  Moenie eers vra nie – dis ‘n ingewikkelde storie.

Die kort en die lank van die storie is dat ons nou vir tien dae in Singapore gaan oorbly – ons eerste “oorsese vakansie”.

Ons het al kaartjies Singapore toe geboek in Januarie, net na ons gehoor het ons permanent residence visa vir Australia is ge-“pre-grant”. 

Ons het die vlug bespreek met Tiger airways, een van daai cheap airlines wat geld spaar deur niks onderhoud op die vliegtuig te doen nie, en deur die petroltenk net so half vol te maak en lug uit die wiele uit te haal sodat die ding ligter is.

Dis nou nie heeltemal so erg nie, maar as jy eers in die ding sit, dan verstaan jy hoekom hy so goedkoop is.  My oupa het altyd gesê: “goedkoop is duurkoop”.

Die prys wat jy betaal, is in gemak.  Glo my, ‘n 5 uur lange vlug kan baie ongemaklik raak.  Dis amper so erg soos om agter in ‘n ou Army Kwevoël te sit al die pad van Opuwo tot in Windhoek.

Ons was heel betyds om in te boek vir die vlug by Perth se lughawe.  ‘n Hele 2 en ‘n half uur vroeg. 

Ons het ons tasse ingeboek nadat my vrou besef het sy het haar baadjie by die huis vergeet.  Ons moes eers 20h30 begin om te “board”, en het by die Red Rooster gaan sit om ietsie te eet.

IMG_6155 IMG_6158

Ons is later deur doeane met al hulle gesnuffel en ge-bodysearch – ek is ewe ge”frisk” deur ‘n male customs official wat baie vriendelik was – dalk ‘n bietjie te vriendelik na my sin…

My vrou se bagasie is deur een van daai dwelm masjiene ge-beloer om te kyk of sy nie dagga smokkel nie – verbeel jou, my vrou sal nie eens gom snuif nie, wat nog van onwettige dwelms.

Uiteindelik is ons daar deur die Gestapo se lyne, en ons tree an by Gate 5 waar Tiger airline se mense moet inboek.  Die TV screen sê ons moet inboek, maar daar is nie kind of kraai agter daai lessenaar nie.  Ons sien ook geen vliegtuig met ‘n groot tier op nie.

So ‘n halwe eeu later daag hulle op, en ons sien ‘n vliegtuigie nader trek – hy lyk baie kleiner as sy maatjies van Quantas wat ook hier rond staan. 

IMG_6164

Eers moet al die mense met sitplek nommers 20 to 30 inboek – hulle sit agter, en hulle moet eerste inklim.  Ek raak skoon benoud – netnou val die vliegtuig agteroor met al die obese mense wat agter inklim.

Ek het al baie met kleiner charter vliegtuie gevlieg, en hulle het altyd gewaarsku ons moet van voor af volmaak – nie van agter af nie, want anders sit die vliegtuig met sy neus wat doer in die lug kyk soos ‘n space shuttle op ‘n lanseerbaan.

In elk geval, na die klomp uiteindelik in is, en die vliegtuig nog regop staan, is dit ons beurt.  Teen hierdie tyd is die kinders al lekker moeilik. 

 IMG_6162 IMG_6163 Dis uiteindelik ons beurt om in te klim.  Maar dit sukkel.  ek was nog nooit vreeslik groot nie, maar daai sitplekkie laat my soos ‘n reus voel.  hierdie vliegtuig is ontwerp vir bitter klein bonsai mensies wat iewers in die Ooste bly – hoe enige normale mens in die ding moet sit, weet ek nie.

Dis mos nou goedkoop ook, dus is daar niks soos kombersies en warm lappies om jou gesiggie mee af te vee nie.  Die koskarretjie pas net-net in daai smal ganagetjie tussen die stoele in, en jy kan nie jou voet in die paadjie sit nie, want anders ry hulle bo-oor jou.  En niks in daai kostrollie is verniet nie.  Ek word sommer $3.50 gecharge vir ‘n blikkie Sprite.  Ek gee vir die man ‘n A$20 noot, en hy bring vir my $18 in Singapore dollars terug.  Ek weet nou nog nie in watter geld-eenheid die $3.50 nou eintlik was nie.

Ons vlug styg op net na tienuur in die aand.  Dis mos nou voordelig, want ons kan slaap tot ons 3 uur in die oggend daar anderkant land.  Het ek gedink.

Slaap is nie so eenvoudig nie.  Ek skuif my linkerknie dat hy by my regterwang verbydruk, en druk my linkerarm hier skuins onder my regtervoet in, maar niks wil werk nie.  Alles pyn – as ek my lyf draai, wil niks inpas nie.  Ek het nie eintlik aan die slaap geraak nie; ek het bloot net later van die pyn beswyk – net so halfuur voor ons geland het.

IMG_6167 IMG_6166

Toe ons uiteindelik moet uitklim uit ons sitplekke, was ek bang ek gaan nie kan beweeg nie.  Ons het tonne handbagasie gehad wat ek oral oor my gedrapeer het.  Ek kan nie my laptop en my kamera in ander mense se toesig los nie – nou dra ek swaar.

Ons kom uiteindelik na ‘n lang nagmars by die doeane uit.  Die Oompie kyk na my vyf groen Afrika paspoorte met so frons.  Hy loer op die rekenaar, druk knoppies, en frons weer.  Hy roep ‘n ander antie ook nader.  Sy is heen en weer; dan die kant toe en dan daai kant toe.

Sy vra later vir my: “which country is this Namibia part of?”

Hoe antwoord mens dit nou?  Dis veronderstel om ‘n onafhanklike land te wees, het ek gedog.  Ek sê vir haar “it’s in Africa”, en ek wys vir haar die prentjie voor in die paspoort wat ‘n kaart wys van Afrika met so blerts in die linkerkant onder waar Namibia blykbaar is.

“Ohhhh” sê sy vir my.

Toemaar tannie, dis nie die eerste keer wat dit met my gebeur nie.  Selfs in Lesotho wou die mense my nie glo dat daar so ‘n land bestaan nie.  Hulle het op ‘n kaart gaan kyk om seker te maak.

Ons is uiteindelik daar deur.  Dis nou al amper vieruur in die oggend, en my oë lyk soos ‘n drug user sin.

Ek sien daar is ‘n geld-smokkel winkeltjie wat oop is – kan jy glo, vieruur in die oggend is daar ‘n foreign exchange winkel oop in die plek.  Die strate is so besig buite, jy sou dink dis dag.  Ek het al gewoond geraak daaraan dat hier in Wes Australia daar niks beweeg na nege uur in die aand nie, behalwe die hoons wat burnouts doen in die strate.

Ek kry ‘n oompie met ‘n taxi wat vyf mense kan vat.  Die ding lyk eintlik vreeslik bekend – so bietjie soos taxis wat ek al daar in Afrika gesien het.  So Hi-ace bussie affere.  Die drywer het ook ‘n sweterige reukie wat baie bekend is.  Hy vat ons toe al die pad na ons fancy verblyf toe, na ek vir hom moet beduie waar hy moet ry.  Al wat ek weet is wat ek op Google maps gesien het.

Ons kry uiteindelik al ons tasse in ons kamertjie in.  Die plekkie is benoud klein.  Ons het baie goedkoop probeer regkom, en nou sit ons in ‘n family room in ‘n backpackers lodge.

IMG_6170 IMG_6169

Die slaap was egter baie soet, en ek was reg vir die nuwe dag vanoggend.  Ons het gaan rondloop op soek na MRT buskaarte en ‘n SIM kaart vir my selfoon sodat ons ons vriende kan bel wat hier iewers bly.

Die SIM kaart moet jy by die poskantoor kry.  Ek het na ‘n wyle die poskantoor opgespoor en gevra vir ‘n SIM kaart.  Die Oom soek toe my paspoort.  Ek gee dit vir hom, en die gefronsery begin weer van voor af.

Na ‘n halfuur het hy dinge reggekry, en vertel ewe vir my: “we’ve never seen white people from Namibia”. 

Join the club, mate.

IMG_6194

Ons het ‘n vriendelik “geel M” raaksgesien en daar middagete ge-eet:

IMG_6190 ‘n Ou omie wat by McDonalds werk, het die foto geneem.  Hy was vreeslik vriendelik, en het baie moeite gedoen om aan my te verduidelik dat McDonalds ‘n baie kindervriendelike plek is.  Dis die eerste McDonalds werknemer wat ek ontmoet wat so patrioties is teenoor sy werkgewer.

Ons het in ‘n verskeidenheid van shopping malls ingegaan, want hulle is almal lugverkoel.  Daar buite is dit bedompig warm, en jy sweet soos ‘n bosvark wat nou-net ‘n haas gejaag het.

Die vrouens het skoene gesoek.

IMG_6186 Terwyl ek vir hulle wag het ek ‘n snaakse ding gesien.  Hier is honderde buddhiste winkels.  Dis amper soos die markplekke in Afrika – elke ou verkoop dieselfde gemors as die ou langs hom.  Elke tweede winkel is vol klein buddha beeldjies.  Vet Buddhas, nog vetter Buddhas, blink goue Buddhas, swart Buddhas.  Die plek vrot van die goed.

IMG_6188

En toe sien ek hierdie tannietjie wat in een van die snaakse winkeltjies ingaan.  Sy trek haar skoene uit en sit dit voor by die deur neer.  Daar staan ‘n ronde tafel met so klein paleis-koepel afferingkie wat bo-op hom staan, en klein beeldjies wat in vier windrigtings rondom die ding staan.

Sy sit haar hande bymekaar, soos jy maak as jy bid, en dan bewe haar handjies so snaaks, en dan buig sy vooroor dat haar kop amper die tafel stukkend slaan.  Sy doen dit reg rondom die tafel voor elke beeldjie – drie keer om die tafel.  Ek wou dit afneem, maar ek wil nie onbeskof wees of een of ander heilige reël oortree nie.

Snaakse goed wat jy hier sien.  Hier is ook ontsettend baie mense met krom beenstrukture en rue wat krom en skeef is – hulle loop so heel skeef gebuig die hele wêreld vol. 

Die stad is baie netjies, en die mense is baie vriendelik.  Almal wil my klein meisiekind se wangetjies heeltyd knyp.  Mens voel nerens bedreig nie, al is dit ‘n besige stad.

Dis al vir eers.  Hier is nog ‘n paar fotos van die stad:

IMG_6196 IMG_6172 IMG_6176 IMG_6191 IMG_6193