Thursday, December 30, 2010

Einde van die jaar

Ons het Ou-Kersaand weereens die jaarlikse Weck-Nativity scene ding gedoen, met Anica wat nou al opgegradeer het van Baby Jesus se rol na Moeder Maria se rol.  Kan jy glo.

Ons het ook intussen ‘n goedkoop opblaas swembad gekoop, en ek dink dit was een van my beter beleggings hierdie jaar gewees.  Die kinders geniet die ou poeletjie gate uit.

IMG_9410IMG_9405

Siende dat daar deesdae waterbeperkings is, dink ek nie die Watercorp gaan te gelukkig met my wees oor al die water wat so rondspat nie.  Aan die ander kant, ek gebruik die produk wat ons verkoop - dit mos goeie bemarking of hoe? 

Die Weber is ook ingespan om ‘n paar stukkies boerewors gaar te maak:

IMG_9400

Daar was baie ys en drinkgoeters ook – dit was ‘n warm Desember hierdie:

IMG_9397

Ons het ook ‘n nuwe tafel vir die agterplaas gekry, en hy is goed ingewy op Ou-Kersdag:

IMG_9409

Hier is ‘n paar van die toneelstuk se fotos:

IMG_9421 

Wayne was die ster van Betlehem:IMG_9422

IMG_9425IMG_9427IMG_9428IMG_9430IMG_9432

En toe was dit tyd vir die “rondomtalie presentjie speletjie”:

IMG_9443

Einde van die jaar se dinge

Hier het so baie goed gebeur die laaste tyd, en ek raak bietjie agterstallig met die blog-stukkies. 

Ek en Michael het so tydjie terug ‘n basketball wedstryd gaan bywoon saam met Dave en sy seuns.  Dis die tweede keer dat ons basketball gaan kyk.  Die Perth Wildcats het die Melbourne Tigers aangedurf en goed pakgegee.

IMG_9185

Die skare het vreeslik ge-BOO elke keer as die swart ou hier bo die bal in die hande kry.  Ek dink in Suid Afrika sou dit dalk deurgaan as diskriminiasie, maar hier is dit maar net ‘n teken dat hy een van die min gevaarlike spelers van die ander span was.

IMG_9191

Daar is vier kwartrondtes, en honderde “time-outs” tussen-in.  Tydens een van die pouses het hierdie twee karakters ons vermaak met hulle vuurmakery.  Hulle weet niks van braai af nie, hulle hou net van speel met groot vuurhoutjies:

IMG_9193

IMG_9208

Michael en sy maatjie Jamon:

IMG_9209

Ons hou intussen vreeslik vakansie, en die maatjies kuier oor en weer.  Anica het nou al meer “sleep-overs” in haar vyf-jaar leeftyd gehad as wat ek gehad het in my hele lang lewe.

IMG_9217B_IMG_9214

Daar was ook nou al honderde konserte gewees.  Hierdie tyd van die jaar word daar vreeslik ge-konsert.

IMG_9232IMG_9222IMG_9231

Hierdie fotos was geneem tydens die Carols-aand:

IMG_9250Anica is daar iewers in die middel, met haar maatjie Maddy.

IMG_9266

Dit was toevallig een van die min dae in hierdie somer waar dit ‘n slag gereen het.  Dis baie droog en warm hier op die oomblik – voel soos Windhoek.

IMG_9296IMG_9311

Ons het ook snaakse fotos van die liggies geneem:

IMG_9320

IMG_9323IMG_9324IMG_9332

Sunday, December 12, 2010

Friday, December 3, 2010

Vuurwerk fotos

IMG_9039

Ons was by ‘n vuurwerkvertoning by Hillarys Boat Harbour laas naweek.  Ek het bietjie rondgespeel met my kamera en ‘n paar indrukwekkende fotos geneem, al moet ek dit self sĂȘ:

IMG_8968IMG_9016IMG_8990IMG_8997IMG_9002IMG_9003IMG_9011IMG_9012IMG_9014IMG_9105IMG_9107IMG_9017IMG_9027IMG_9029IMG_9042IMG_9070IMG_9072IMG_9081IMG_9082IMG_9084IMG_9085IMG_9086IMG_9094IMG_9098IMG_9102IMG_9098