Thursday, December 30, 2010

Einde van die jaar

Ons het Ou-Kersaand weereens die jaarlikse Weck-Nativity scene ding gedoen, met Anica wat nou al opgegradeer het van Baby Jesus se rol na Moeder Maria se rol.  Kan jy glo.

Ons het ook intussen ‘n goedkoop opblaas swembad gekoop, en ek dink dit was een van my beter beleggings hierdie jaar gewees.  Die kinders geniet die ou poeletjie gate uit.

IMG_9410IMG_9405

Siende dat daar deesdae waterbeperkings is, dink ek nie die Watercorp gaan te gelukkig met my wees oor al die water wat so rondspat nie.  Aan die ander kant, ek gebruik die produk wat ons verkoop - dit mos goeie bemarking of hoe? 

Die Weber is ook ingespan om ‘n paar stukkies boerewors gaar te maak:

IMG_9400

Daar was baie ys en drinkgoeters ook – dit was ‘n warm Desember hierdie:

IMG_9397

Ons het ook ‘n nuwe tafel vir die agterplaas gekry, en hy is goed ingewy op Ou-Kersdag:

IMG_9409

Hier is ‘n paar van die toneelstuk se fotos:

IMG_9421 

Wayne was die ster van Betlehem:IMG_9422

IMG_9425IMG_9427IMG_9428IMG_9430IMG_9432

En toe was dit tyd vir die “rondomtalie presentjie speletjie”:

IMG_9443

No comments:

Post a Comment