Bokse staan in die agtergrond, want ons trek binnekort na die nuwe huis toe.
Thursday, February 23, 2012
Anica se eerste Merit Award
Award for “Completing fantastic work in English”.
Toe ons hier aangekom het in Australia kon sy nie eens ‘n woord Engels praat nie!
Monday, January 9, 2012
Boer met biltong
Ek het nou al 6 kg se biltong hierdie jaar verkoop, alles met een advertensie wat ek by die werk opgesit het.
Teen hierdie tempo gaan ek een van die dae aftree en boer met biltong.
Ek het my biltong-hok so bietjie opgegradeer en die toutjies met kettinkies vervang.
Die toutjies sak te veel af as jy te veel gewig daaraan hang, waar die kettings altyd dieselfde spanning het, en die biltong kan nie afskuif en teen mekaar raak in die kas nie. Die biltong hakkies haak ook maklik in die kettingkies in.
Dis ook nou baie maklik as jy onder wil werk, die boonste kettings haal maklik af en jy kan al die kettings uithaal as jy die hok wil skoonmaak. Ek sit tinfoil onder in die hok, ek vou dit op teen die rante onder, en dan is daar die minimum gemors binne-in die hok as jy klaar is. Haal die tinfoil uit en gooi weg en siedaar – ‘n skoon blink hout boks. As jy regtig wil kan jy die kettings ook skoonmaak na die tyd.
Dis ‘n baie goedkoop oplossing. Ek dink my hok se ontwerp is nou redelik uitgesorteer. Stuur baie geld en ek stuur vir jou die afmetings en instruksies!
Party mense bestel sommer 2 kilos op ‘n slag, ek sal nou ‘n groter hok moet bou wat ‘n hele bees kan hanteer! Net soos ek dink my voorraad gaan nog ‘n week hou, dan kry ek nog ‘n bestelling. Dis dalk tyd om my prys op te stoot, teen $40 per kilo is dit die goedkoopste biltong in Perth.
Mensig, met ‘n klein bietjie harde werk kan mens baie geld maak…
Sunday, December 25, 2011
Dis alweer daai tyd van die jaar!
Soos gewoonlik was hier weer hordes Kersfees konserte en ander gebeurtenisse. Ek gaan alles sommer bymekaargooi:
Beachway se jaarlikse konsert was ‘n vreeslike fancy profesionele affere, heel anders as jou gewone Kerk konsert. Al die kinders het natuurlik hulle rolle gehad in die spel, en Celesti was soos gewoonlik diep betrokke met alles, veral die musiek.
Na die tyd was daar gekuier ny die Beach house, en daar was ewe ‘n brandweerwa vir die kleintjies om in rond te ry.
Die skool se konsert:
By die huis is daar Kersboom opgeslaan, en Anica was die enigste helpertjie – sy het basies die hele boom versier hierdie jaar:
Ons het Ou-kersaand by Julie en Phil se huis spandeer saam met ‘n paar ander gesinne. Die swembad was baie gewild onder die kinders, en hulle het amper die hele tyd in die swembad spandeer.
Daar was baie om te eet, insluitende ‘n “roast” wat ek die vorige dag in die Weber aanmekaargeslaan het.
Die jaarlikse nativity play het natuurlik ook weer aan die beurt gekom:
Monday, December 5, 2011
Friday, November 18, 2011
Wednesday, November 2, 2011
Sunday, October 30, 2011
The Big Aussie BBQ
Gister was weer ‘n lekker dag. Die Wes-Australiese regering het besluit ons gaan vir die Koningin op die regte manier totsiens sê – met ‘n massiewe barbeque op die Perth foreshore.
Daar was 120 barbeques, 120,000 worsies (ongelukkig nie boerewors nie), 8000 liter tamatiesous, 130,000 koeldranke en meer as 100,000 mense het kom kyk hoe lyk Her Majesty.
Publieke transport was alles gratis, en ons het die trein ingevat stad toe.
Ons het redelik vroeg daar aangekom, en kon in die “main stage” area plek kry om te sit. Die ander mense het die Queen op ‘n screen gesien, of in haar kar gesien ry, maar ons het haar reg voor ons in lewende lywe beloer.
Dit het wel later probleme veroorsaak, want Anica wou toilet toe gaan en om toilet toe te gaan moet jy deur 7 hekke gaan, stempels op jou hand kry en weer jou weg terugvind deur die massas mense. Dieselfde as jy worsies of koeldrank wil he.
Maar mensig dit was pret. Meer as honderd duisend mense, en die polisie het nie nodig gehad om een mens te arresteer nie. Dit was ‘n alkohol-vrye arena, en mense het hulle uitsonderlik goed gedra.
Die mense het die volkslied uit volle bors saamgesing en die arme tannie wat voorsing, wat die liedjie wou trek, kon nie by die mense byhou nie. Ons het almal gratis vlaggies gekry om te waai – daar was die Australiese nasionale vlag, en ook die Wes-Australiese vlag wat ‘n swart swaan op het.
Ons was naby al die aksie en kon Her Majesty in lewende lywe aanskou daar op die verhoog. Toe ons vir Anica vra hoe lyk die koningin, toe sê sy “baie oud!”
Blykbaar het Her Royal Highness ook vroeër die week na Carissa se CHOGM foto gekyk, en sy was baie beindruk met die mooi jong dame uit Afrika.
Op pad terug het ons eers by IKEA gaan stop vir ‘n goedkoop ete, en toe ons uiteindelik baie later by die huis aankom was almal lekker moeg na die vreeslike lang dag. Ons het nou in een week se tyd die Premier ontmoet en die Queen gesien.
Ek het nou ‘n vakansie nodig.
Monday, October 24, 2011
Ons kuier met die Premier
Ons was vanaand by die opening van die uitstalling van die oorspronklike kunswerke vir die Nomad Two Worlds - Portrait of Diversity exhibition vir CHOGM by die staatsteater in Perth.
Ons het die premier van WA, Colin Barnett, ontmoet en hy het dadelik vir Carissa herken van die foto af. Hy het aangebied om oor te stap na haar foto toe en daar ‘n foto saam met ons te neem.