Friday, February 15, 2013

Die Weckaroos is nou amptelike Aussies

Na meer as 4 jaar in Perth het ons uiteindelik formeel regte egte Aussies geword.

IMG_4118

Ons het ‘n eed afgelê saam met 90 ander mense en aan die einde het die onder-Burgermeester gesê ons is nou Aussies.

As jy klaar die eed afgelê het verklaar die burgermeester

“I now pronounce you Australian citizens.” 

image

IMG_4117

Saturday, June 23, 2012

K factor

Anica het onlangs deelgeneem aan die skool se “K factor” kompetisie en ewe ‘n eerste prys weggeslaan.

Sy het die liedjie self geskryf (met ma se hulp) en pa het gehelp om die musiek op ‘n CD backtrack te sit.

Thursday, February 23, 2012

Michael word 14

IMG_2651IMG_2653

Bokse staan in die agtergrond, want ons trek binnekort na die nuwe huis toe.

Anica se eerste Merit Award

IMG_2640

Award for “Completing fantastic work in English”.

Toe ons hier aangekom het in Australia kon sy nie eens ‘n woord Engels praat nie!

Monday, January 9, 2012

Boer met biltong

Ek het nou al 6 kg se biltong hierdie jaar verkoop, alles met een advertensie wat ek by die werk opgesit het.

Teen hierdie tempo gaan ek een van die dae aftree en boer met biltong.

IMG_0971

IMG_1122 cropped

Ek het my biltong-hok so bietjie opgegradeer en die toutjies met kettinkies vervang. 

Die toutjies sak te veel af as jy te veel gewig daaraan hang, waar die kettings altyd dieselfde spanning het, en die biltong kan nie afskuif en teen mekaar raak in die kas nie.  Die biltong hakkies haak ook maklik in die kettingkies in.

Dis ook nou baie maklik as jy onder wil werk, die boonste kettings haal maklik af en jy kan al die kettings uithaal as jy die hok wil skoonmaak.  Ek sit tinfoil onder in die hok, ek vou dit op teen die rante onder, en dan is daar die minimum gemors binne-in die hok as jy klaar is.  Haal die tinfoil uit en gooi weg en siedaar – ‘n skoon blink hout boks.  As jy regtig wil kan jy die kettings ook skoonmaak na die tyd.

Dis ‘n baie goedkoop oplossing.  Ek dink my hok se ontwerp is nou redelik uitgesorteer.  Stuur baie geld en ek stuur vir jou die afmetings en instruksies!

IMG_1975

Party mense bestel sommer 2 kilos op ‘n slag, ek sal nou ‘n groter hok moet bou wat ‘n hele bees kan hanteer!  Net soos ek dink my voorraad gaan nog ‘n week hou, dan kry ek nog ‘n bestelling.  Dis dalk tyd om my prys op te stoot, teen $40 per kilo is dit die goedkoopste biltong in Perth.

Mensig, met ‘n klein bietjie harde werk kan mens baie geld maak…

Sunday, December 25, 2011

Dis alweer daai tyd van die jaar!

IMG_1667

Soos gewoonlik was hier weer hordes Kersfees konserte en ander gebeurtenisse.  Ek gaan alles sommer bymekaargooi:

Beachway se jaarlikse konsert was ‘n vreeslike fancy profesionele affere, heel anders as jou gewone Kerk konsert.  Al die kinders het natuurlik hulle rolle gehad in die spel, en Celesti was soos gewoonlik diep betrokke met alles, veral die musiek.

Na die tyd was daar gekuier ny die Beach house, en daar was ewe ‘n brandweerwa vir die kleintjies om in rond te ry.

IMG_1661IMG_1660

Die skool se konsert:

IMG_1622IMG_1624IMG_1626

By die huis is daar Kersboom opgeslaan, en Anica was die enigste helpertjie – sy het basies die hele boom versier hierdie jaar:

IMG_1607

Ons het Ou-kersaand by Julie en Phil se huis spandeer saam met ‘n paar ander gesinne.  Die swembad was baie gewild onder die kinders, en hulle het amper die hele tyd in die swembad spandeer.

IMG_1681

IMG_1682IMG_1671IMG_1678IMG_1679IMG_1680

Daar was baie om te eet, insluitende ‘n “roast” wat ek die vorige dag in die Weber aanmekaargeslaan het.

Die jaarlikse nativity play het natuurlik ook weer aan die beurt gekom:

IMG_1691IMG_1697IMG_1685IMG_1690

Friday, November 18, 2011

Anica se party fotos

Party by Beachway

IMG_1558IMG_1576IMG_1578IMG_1585IMG_1540IMG_1547IMG_1550

The morning after…

IMG_1589

Uitnodiging

Anica Concert brief

Ons het die brief in die pos gekry gister:

Anica Concert

Wednesday, November 2, 2011

Sunday, October 30, 2011

The Big Aussie BBQ

Gister was weer ‘n lekker dag.  Die Wes-Australiese regering het besluit ons gaan vir die Koningin op die regte manier totsiens sê – met ‘n massiewe barbeque op die Perth foreshore.

IMG_1348

Daar was 120 barbeques, 120,000 worsies (ongelukkig nie boerewors nie), 8000 liter tamatiesous, 130,000 koeldranke en meer as 100,000 mense het kom kyk hoe lyk Her Majesty.

Publieke transport was alles gratis, en ons het die trein ingevat stad toe.

Ons het redelik vroeg daar aangekom, en kon in die “main stage” area plek kry om te sit.  Die ander mense het die Queen op ‘n screen gesien, of in haar kar gesien ry, maar ons het haar reg voor ons in lewende lywe beloer.

IMG_1484

Dit het wel later probleme veroorsaak, want Anica wou toilet toe gaan en om toilet toe te gaan moet jy deur 7 hekke gaan, stempels op jou hand kry en weer jou weg terugvind deur die massas mense.  Dieselfde as jy worsies of koeldrank wil he.

IMG_1391IMG_1392

Maar mensig dit was pret.  Meer as honderd duisend mense, en die polisie het nie nodig gehad om een mens te arresteer nie.  Dit was ‘n alkohol-vrye arena, en mense het hulle uitsonderlik goed gedra. 

Die mense het die volkslied uit volle bors saamgesing en die arme tannie wat voorsing, wat die liedjie wou trek, kon nie by die mense byhou nie.  Ons het almal gratis vlaggies gekry om te waai – daar was die Australiese nasionale vlag, en ook die Wes-Australiese vlag wat ‘n swart swaan op het.

IMG_1441

Ons was naby al die aksie en kon Her Majesty in lewende lywe aanskou daar op die verhoog.  Toe ons vir Anica vra hoe lyk die koningin, toe sê sy “baie oud!”

IMG_1458

Blykbaar het Her Royal Highness ook vroeër die week na Carissa se CHOGM foto gekyk, en sy was baie beindruk met die mooi jong dame uit Afrika. 

Carissa Portrait Nomad

IMG_1483cropped

Op pad terug het ons eers by IKEA gaan stop vir ‘n goedkoop ete, en toe ons uiteindelik baie later by die huis aankom was almal lekker moeg na die vreeslike lang dag.  Ons het nou in een week se tyd die Premier ontmoet en die Queen gesien. 

Ek het nou ‘n vakansie nodig.

IMG_1377