Sunday, October 30, 2011

The Big Aussie BBQ

Gister was weer ‘n lekker dag.  Die Wes-Australiese regering het besluit ons gaan vir die Koningin op die regte manier totsiens sê – met ‘n massiewe barbeque op die Perth foreshore.

IMG_1348

Daar was 120 barbeques, 120,000 worsies (ongelukkig nie boerewors nie), 8000 liter tamatiesous, 130,000 koeldranke en meer as 100,000 mense het kom kyk hoe lyk Her Majesty.

Publieke transport was alles gratis, en ons het die trein ingevat stad toe.

Ons het redelik vroeg daar aangekom, en kon in die “main stage” area plek kry om te sit.  Die ander mense het die Queen op ‘n screen gesien, of in haar kar gesien ry, maar ons het haar reg voor ons in lewende lywe beloer.

IMG_1484

Dit het wel later probleme veroorsaak, want Anica wou toilet toe gaan en om toilet toe te gaan moet jy deur 7 hekke gaan, stempels op jou hand kry en weer jou weg terugvind deur die massas mense.  Dieselfde as jy worsies of koeldrank wil he.

IMG_1391IMG_1392

Maar mensig dit was pret.  Meer as honderd duisend mense, en die polisie het nie nodig gehad om een mens te arresteer nie.  Dit was ‘n alkohol-vrye arena, en mense het hulle uitsonderlik goed gedra. 

Die mense het die volkslied uit volle bors saamgesing en die arme tannie wat voorsing, wat die liedjie wou trek, kon nie by die mense byhou nie.  Ons het almal gratis vlaggies gekry om te waai – daar was die Australiese nasionale vlag, en ook die Wes-Australiese vlag wat ‘n swart swaan op het.

IMG_1441

Ons was naby al die aksie en kon Her Majesty in lewende lywe aanskou daar op die verhoog.  Toe ons vir Anica vra hoe lyk die koningin, toe sê sy “baie oud!”

IMG_1458

Blykbaar het Her Royal Highness ook vroeër die week na Carissa se CHOGM foto gekyk, en sy was baie beindruk met die mooi jong dame uit Afrika. 

Carissa Portrait Nomad

IMG_1483cropped

Op pad terug het ons eers by IKEA gaan stop vir ‘n goedkoop ete, en toe ons uiteindelik baie later by die huis aankom was almal lekker moeg na die vreeslike lang dag.  Ons het nou in een week se tyd die Premier ontmoet en die Queen gesien. 

Ek het nou ‘n vakansie nodig.

IMG_1377

No comments:

Post a Comment