Hier het so baie goed gebeur die laaste tyd, en ek raak bietjie agterstallig met die blog-stukkies.
Ek en Michael het so tydjie terug ‘n basketball wedstryd gaan bywoon saam met Dave en sy seuns. Dis die tweede keer dat ons basketball gaan kyk. Die Perth Wildcats het die Melbourne Tigers aangedurf en goed pakgegee.
Die skare het vreeslik ge-BOO elke keer as die swart ou hier bo die bal in die hande kry. Ek dink in Suid Afrika sou dit dalk deurgaan as diskriminiasie, maar hier is dit maar net ‘n teken dat hy een van die min gevaarlike spelers van die ander span was.
Daar is vier kwartrondtes, en honderde “time-outs” tussen-in. Tydens een van die pouses het hierdie twee karakters ons vermaak met hulle vuurmakery. Hulle weet niks van braai af nie, hulle hou net van speel met groot vuurhoutjies:
Michael en sy maatjie Jamon:
Ons hou intussen vreeslik vakansie, en die maatjies kuier oor en weer. Anica het nou al meer “sleep-overs” in haar vyf-jaar leeftyd gehad as wat ek gehad het in my hele lang lewe.
Daar was ook nou al honderde konserte gewees. Hierdie tyd van die jaar word daar vreeslik ge-konsert.
Hierdie fotos was geneem tydens die Carols-aand:
Anica is daar iewers in die middel, met haar maatjie Maddy.
Dit was toevallig een van die min dae in hierdie somer waar dit ‘n slag gereen het. Dis baie droog en warm hier op die oomblik – voel soos Windhoek.
Ons het ook snaakse fotos van die liggies geneem:
No comments:
Post a Comment