Sunday, January 17, 2010

‘n Bietjie warm?

Vandag het die weervoorspelling gesê dit gaan so maksimum van 41°C word.  Ek het op die weerblad gaan loer, en op ‘n stadium het dit so gelyk:

New Picture

Ons het na vyfuur vanmiddag strand toe gegaan, en daar gebly tot na agtuur, toe die son al weg was.  Dit was heerlik.

Een van ons vriende het met sy kop in die sand beland na ‘n brander hom omgegooi het.  Sy hele kop was bebloed, maar hy hou net aan swem.  Ek het later gewonder of hy nie haaie gaan naderlok met sy bloed nie.

Anica wou eers niks weet van die water af nie, maar het ewe skielik besluit dis lekker, en ek moes net keer dat sy nie te diep ingaan nie.

Teen 20h30 vanaand het dit so gelyk:

image

More gaan dus nog ‘n lekker warm daggie wees.  Ek sal maar in die kantoor onder die aircon wegkruip – dalk werk ek sommer bietjie laat ook, net om die hitte te ontsnap.

No comments:

Post a Comment