Friday, January 15, 2010

2010 en daarna

Dis moeilik om te glo dat 2010 aangebreek het - en ons het nog nie eens 'n vakansie op die maan gehad nie.  Ons voertuie gebruik steeds petrol, en ons eet vleis, groente en vrugte - nes ons voorvaders.  Die wêreld het eintlik nie te veel verander in die laaste tien jaar nie.  Ons het egter 'n paar kinders ryker geword, en het getrek na 'n ander kontinent toe.  Dit was alles groot dramatiese stappe in ons lewens.

Die blog verander ook so saam met die nuwe dekade.  Ons ou blog bestaan nog, maar is so bietjie weggesteek op 'n ander plek.  Ek wou graag letterlik en figuurlik met 'n nuwe skoon blaadjie begin. 

Ons het gister die brief van die Immigrasie kantore gekry.  Ons is nou amper Permanente Inwoners van Koalaland, ons moet net eers landuit gaan om die visas te aktiveer.  Dit beteken ons toekoms hier in Australië is nou bietjie meer permanent.  Ons het nou al die regte en voorregte wat gewone burgers het, ons kan net nie stem nie.  En ek kan vir enige maatskappy werk, indien ek ooit sou wou verander van werk.

Ons sal dalk Bali toe gaan, of Singapore, afhangende van wat alles ons kos.  Na al die mediese toetse en die aansoek-kostes, moet ons nou nog 'n hele paar dollars spandeer om vakansie te gaan hou.  Ander mense volg natuurlik 'n makliker paadjie - hulle klim op 'n boot, trek die prop uit naby Australiese waters, en dan hoop hulle die mense kry hulle jammer en laat hulle permanent oorbly.  Ongelukkig werk dit nie vir almal nie, en dis 'n wille kans om te waag daai.

Soos ek gesê het, ons begin die blog met 'n skoon blaadjie.  Hou dop vir meer nuus later.

No comments:

Post a Comment