Carissa se skool-span het toe hierdie naweek deelgeneem aan die TOM state finals. Dit was gehou by die UWA - University of Western Australia. Sestig skole het oorspronklik deelgeneem regoor die staat (WA), en hierdie was die kompetisie tussen die finaliste uit daardie skole.
Ons almal het deurgery na UWA, wat naby die stad is in ‘n baie mooi omgewing. Dit laat mens nogal baie aan Stellenbosch dink. Ek en Anica het op ‘n stadium bietjie rondgeloop en voëltjies gesien, blaartjies opgetel, en met die eende gesels. Michael was natuurlik lekker verveeld en het gehelp om Anica besig te hou.
Carissa het agtergebly en die res van ons het gaan rondry en later by McDonalds uitgekom. Ons het weer teruggegaan teen eenuur om na hulle demonstrasie te kyk, en toe het ek vir Michael en Anica eers huis toe gevat. Anica het in die kar aan die slaap geraak. By die huis het ek haar op die bed neergesit, en ‘n uur en ‘n half later het ek haar weer in die kar gesit, nog steeds aan die slaap. Sy het eers weer wakker geword toe ons by UWA stop.
Ons was so klein bietjie laat vir die “Award ceremony”, en ek en Anica moes stil-stil in die paadjie afloop na ons sitplekke toe. Sy wou natuurlik by Ma gaan sit, en ek moes later weer al die pad terugloop boontoe, agterom, en weer af na Celesti se sitplek aan die oorkant.
Die groot nuus is natuurlik dat Kingsway se primary span, waarvan Carissa deel was, hulle afdeling, “Applied Technology”, gewen het. Hulle het nou deurgedring na die Nasionale finaal in Darwin, en sy gaan in Oktober Darwin toe gaan vir die kompetisie!
Soos ek mos vir almal sê: sy het ma se breins en pa se good looks ge-erf!
No comments:
Post a Comment