Monday, August 29, 2011
Wednesday, August 17, 2011
Pragtige natuurfotos
Hierdie natuurfotos is so mooi, my oë traan nou eintlik van vreugde:
Regte egte organic biltong – no other animals were harmed during the making of this product. Completely biodegradable and environment-friendly.
Dit kan mos net ‘n ou biltongboer se hart blymaak om dit te sien. My ou biltongkassie het ‘n goeie job gedoen.
Die lewe is ‘n fees!
Saturday, August 13, 2011
Biltongkas
My vorige pogings om biltong te maak met ‘n stupid dehydrator het nie lekker gewerk nie. Die ding waai warm wind deur die vleis, maar hy maak dit te warm, en dan is die vleis so half gekook – nie lekker nie. As jy dit nie vinnig genoeg uithaal nie dan kook die vleis, maar die dikker stukke is weer nie reg as jy dit te vroeg uithaal nie.
Toe besluit ek dis tyd vir bietjie handewerk in die garage. Ek bou eerder my eie “purpose-built” boer-maak-‘n-plan biltongkas:
Ek het sommer vir die ding wiele ook gegee, nou kan hy vinnig geskuif word as die aliens aanval of as ons moet vlug vir die wille dingos. Ek kan hom dalk agter die kar sleep as ons op vakansie gaan ook.
Die gaas het ek met ‘n staple gun vasgestik – so maklik soos niks. Die hardste werk was om al die lyne te span binne-in:
Nou moet ek net eksperimenteer met tyd, windrigtings en temperature, en dan het ons ‘n wenresep.
Biltong verkoop in hierdie geweste vir meer as $60 per kg. Ek gaan ‘n miljenêr word – dis nou as ek nie al my profyt self opvreet nie.
Friday, July 22, 2011
Apple crumble
Michael het nou ewe kook-klasse by die skool, en hy het vir ons ‘n lekker “apple-crumble” tert gemaak in die vakansie.
Dalk sal my droom van my eie coffee shop eendag nog waar word, ha-ha:
Sunday, July 10, 2011
Die biltong fabriek
Ek het uiteindelik so ver gekom om my eie biltong te maak. Ek het ‘n “dehydrator” gekoop wat die biltong uitdroog.
Al fout wat ek met my eerste sarsie gemaak het, was om “corned silverside” te koop. Corned meat is vleis wat klaar ingesout is – met die gevolg dat my biltong verskriklik sout uitgedraai het. Ek sal nie daai fout weer maak nie!
Andersinds het die masjien lekker gewerk – binne 2 dae was al die vleis droog, en eintlik was die dunner stukkies al te droog. Nou het ons hope sout om op te eet.
Sewe sakke sout gaan nou vinnig opgeëet word…
Hier bo is die vleis nadat dit asyn en speserye gekry het. Basiese speserye is baie eenvoudig: koljander, peper, sout (behalwe as jy corned beef gekoop het…) Los in die yskas vir so paar uur, en haal dan uit.
So lyk die dehydrator met die vleis in – die 5 rakke is almal vol:
So lyk die biltong na ‘n halwe dag in die dehydrator:
Finale produk, twee dae later:
Gingin Observatory
Ons het Saterdag-aand bietjie gaan sterre kyk by die space centre in Gingin.
Ons het deur teleskope gekyk na Saturnus se ringe, en die kraters op die maan van naderby bekyk.
Die trippie het natuurlik ook ‘n piekniek ingesluit:
“The leaning tower of Gingin” – deel van die Gravitational Centre, wat navorsing doen op die aarde se gravitasie velde. Blybaar die enigste een in die suidelike halfrond.
Houtwerk
Michael het houtwerk gehad hierdie semester en het besluit hierdie is nou Pa se geskenk, siende dat almal altyd my penne steel by die huis:
Friday, May 27, 2011
Meet the professionals
Hy het heeltyd agter my aangeloop en wou my handtekening he, maar ek was bietjie te besig. Ek het gesê ek sal toelaat dat hy 'n foto saam met Michael neem as hy hom goed gedra. Ek het hom ook later so paar tricks geleer en tips gegee vir sy volgende wedstryd vir die Force.
Saturday, May 21, 2011
Cocos island
Hier is 'n paar fotos:
Sunday, May 15, 2011
Narrogin mannekamp
Ek en Michael was die naweek naby Narrogin op ‘n plaas waar ons ‘n men’s camp bygewoon het. Ons het ‘n boer se huis help klaarbou, en Saterdagaand so bietjie gaan jag vir Kangaroos en ander pestilensies.
Ons het ‘n bonfire aangesteek wat uit ten minste tien groot bome bestaan het – lieflik.
Die jaggery was maar ‘n gesukkel, want die plek is droog en daar is nie veel dierasies wat rondloop nie. Die ou wat die dubbelloop haelgeweer die meeste van die tyd beetgehad het, kon ook nie ‘n kangaroo op 10m raakskiet nie, en wou aanmekaar weer en weer probeer.
Ek het later een kansie gekry om ‘n jakkals te skiet, maar kon net een skoot inkry toe hy onder die draad deur hardloop.
Dit was vet pret - seker die eerste keer wat ek op iets lewendigs skiet in meer as 4 jaar. Die bakkie stop vir niks, jy moet jou skoot sommer so in die ry inkry – nou nie heeltemal dieselfde as spingbokke in die Kalahari jag nie, maar steeds groot pret.
Ons het ook so bietjie “skeet shooting” gedoen met die haelgeweer.
Michael het sy eerste skoot met ‘n haelgeweer ook gekry.
My job was om te help insulasie insit in die dakke, en ek het een van hierdie oranje pakkies aangehad die heel dag lank, en met my hande heeldag bo my kop gestaan werk en lere op en af geklim. Nie ‘n job wat ek vir ‘n lewe sal wil doen nie:




