Sunday, May 15, 2011

Narrogin mannekamp

IMG_0550

Ek en Michael was die naweek naby Narrogin op ‘n plaas waar ons ‘n men’s camp bygewoon het.  Ons het ‘n boer se huis help klaarbou, en Saterdagaand so bietjie gaan jag vir Kangaroos en ander pestilensies.

IMG_0619

Ons het ‘n bonfire aangesteek wat uit ten minste tien groot bome bestaan het – lieflik.

IMG_0637

IMG_0740IMG_0800IMG_0803

Die jaggery was maar ‘n gesukkel, want die plek is droog en daar is nie veel dierasies wat rondloop nie.  Die ou wat die dubbelloop haelgeweer die meeste van die tyd  beetgehad het, kon ook nie ‘n kangaroo op 10m raakskiet nie, en wou aanmekaar weer en weer probeer.

Ek het later een kansie gekry om ‘n jakkals te skiet, maar kon net een skoot inkry toe hy onder die draad deur hardloop.

Dit was vet pret  - seker die eerste keer wat ek op iets lewendigs skiet in meer as 4 jaar.  Die bakkie stop vir niks, jy moet jou skoot sommer so in die ry inkry – nou nie heeltemal dieselfde as spingbokke in die Kalahari jag nie, maar steeds groot pret.

Ons het ook so bietjie “skeet shooting” gedoen met die haelgeweer.

IMG_0588

Michael het sy eerste skoot met ‘n haelgeweer ook gekry.

IMG_0663IMG_0651

IMG_0806IMG_0679IMG_0698

IMG_0714

IMG_0795

My job was om te help insulasie insit in die dakke, en ek het een van hierdie oranje pakkies aangehad die heel dag lank, en met my hande heeldag bo my kop gestaan werk en lere op en af geklim.  Nie ‘n job wat ek vir ‘n lewe sal wil doen nie:

IMG_0694

No comments:

Post a Comment