Sunday, July 10, 2011

Die biltong fabriek

Ek het uiteindelik so ver gekom om my eie biltong te maak. Ek het ‘n “dehydrator” gekoop wat die biltong uitdroog.

Al fout wat ek met my eerste sarsie gemaak het, was om “corned silverside” te koop. Corned meat is vleis wat klaar ingesout is – met die gevolg dat my biltong verskriklik sout uitgedraai het. Ek sal nie daai fout weer maak nie!

Andersinds het die masjien lekker gewerk – binne 2 dae was al die vleis droog, en eintlik was die dunner stukkies al te droog. Nou het ons hope sout om op te eet. 

Sewe sakke sout gaan nou vinnig opgeëet word…

IMG_0859

Hier bo is die vleis nadat dit asyn en speserye gekry het.  Basiese speserye is baie eenvoudig: koljander, peper, sout (behalwe as jy corned beef gekoop het…) Los in die yskas vir so paar uur, en haal dan uit.

IMG_0861

So lyk die dehydrator met die vleis in – die 5 rakke is almal vol:

IMG_0863

So lyk die biltong na ‘n halwe dag in die dehydrator:

IMG_0867

Finale produk, twee dae later:

IMG_0909

Jummy biltongIMG_0911IMG_0912

1 comment: