Sunday, October 16, 2011

The face of Namibia for CHOGM 2011

IMG_1312IMG_1315

Hierdie uitstalling is vandag geopen in die Murray street mall in Perth.  Die premier van Wes Australia het die idee gehad om Verteenwoordigers van al 53 lidlande van die Commonwealth te soek wat in Wes Australië woon.  Hulle kon 50 lande se mense hier vind – net 3 lande se verteenwoordigers moes in New York afgeneem word. 

Ons was die verteenwoordigers vir die onbekende landjie met die naam van Namibia.  Ons het ure in kings Park spandeer saam met die fancy fotograaf wat ons uit elke hoek en kant beloer het met sy kamera.

Carissa se foto is gekies om Namibia mee te verteenwoordig, en dit was deel van die 53 groot fotos wat uitgestal is in die middel van die stad vandag.

IMG_1316

1 comment:

  1. Baie mooi foto. Baie geluk met so 'n prestasie en so 'n pragtige dogter. Die foto is voorwaar iets om met die wêreld te deel. Groete

    ReplyDelete