Ek het nou al geskryf oor Michael se trippie na Canberra, maar intussen het Carissa ook Darwin toe gegaan vir die TOMS nasionale kompetisie.
Hulle spannetjie het tweede plek gekry, en was baie verheug oor hulle prestasie. Oor die algemeen het spanne van Wes Australië baie goed gevaar.
Ma was maar bietjie bekommerd oor sussa wat alleen na die “Top end” gaan, maar sussie was baie self-versekerd, en het die tyd weg van die huis af baie geniet.
Een van die vriendelike diere van die Northern territory:
‘n Lekker speelparkie in Darwin:
No comments:
Post a Comment