Thursday, May 13, 2010

Upgrades en downloads

Ek het destyds, net na ons in ons eerste huis ingetrek het hier in Perth, aansoek gedoen by Telstra vir my internet broadband konneksie.

Telstra is Australia se weergawe van Telkom. Hulle het ‘n groot monopolie aan die gang, en baie mense voel dat hulle te duur is. Daar is ook baie kompetisie in die mark.

Ek het na al die opsies gekyk, en ‘n paar was baie beter wat broadband betref. Waar dit egter begin haak het, was om ADSL2+ by my huis te kry. Meeste van die ander verskaffers het gefrons en gewonder en alles vertraag. Telstra het dadelik bevestig dat hulle dit kan doen, en het dit binne ‘n redelike vinnige tyd ge-installeer. Hulle kon ‘n goeie ADSL2+ diens verskaf sonder probleme.

Ek het ‘n internet konneksie wat ‘n maksimum spoed het van 20Mbps, hoewel dit nooit regtig daardie spoed bereik nie. Ek toets dit gereeld, en kry normaalweg tussen 5000kbps en 6000kbps na ‘n server in Los Angeles, en bietjie vinniger na Londen, en dan tussen 350kbps en 500kbps upload speed. Ek het sopas ‘n toets gedoen en 11272 kbps gekry na Londen met upload speed van 488kbps.

image

Dis goed genoeg vir my. Hierdie bandwydte is beperk tot 12G se downloads per maand, ‘n limiet wat ek nog nie een keer kon oorskry nie. My hoogste verbruik vir een maand was so tussen 9 en 10G.

Intussen het ek gesien ek kan ‘n paar dollars spaar as ek my FOXTEL rekening kombineer met my Tesltra rekening. (FOXTEL is nou Australië se weergawe van DSTV.)

Toe ek my FOXTEL die eerste keer bestel het, het ek net die gewone decoder bestel. Hy kan nie record en rewind en al daai dinge nie. Die fancier ene is FOXTEL IQ, wat vir jou toelaat om een kanaal te kyk terwyl jy die ander record, en al sulke goed. Dan is daar IQ2, wat die HD service is.

Ek het nou al reeds gratis HD op my free-to-air kanale (cool - vir ‘n ingenieur is dit ‘n plesier om sulke dinge te beleef), maar ek dink nie dis die moeite werd om te betaal net om dinge in HD te kyk nie, veral nie op my ou 22duim skermpie nie.

‘n Bietjie agtergrond vir die lesers:

Australia is besig om al sy “Free-to-air” kanale oor te skakel na ‘n digitale stelsel. Free to air is die gewone televisie kanale, soos hulle in SA die SABC kanale en ETV het. Binne die volgende paar jaar gaan al die ou analoog seine afgeskakel word, en dan gaan jy net digitale TV kan ontvang. Digitale TV is beter kwaliteit, dis soos MNET maar jy betaal nie fooie nie, want dis publieke kanale.

Digitale TV het twee groepe - SD en HD. SD is standard Definition, en HD is High Definition. Moderne TV’s kan SD kanale vanself opvang, en die duur groot skerms kan HD direk ook opvang. Die ou soort gewone TV’s wat ons ken, kan nie digitale kanale opvang nie, en om dit te kan doen moet jy ‘n set-top box koop. Die ding is maar net soos ‘n MNET decoder wat die sein verwerk en omskakel na ‘n gewone TV sein. Van hulle kan HD ook opvang, maar jy verloor natuurlik die HD kwaliteit as gevolg van die omskakeling na analoog seine, behalwe as jy ‘n nuwer TV het wat ‘n HDMI kabel konneksie het.

Die pyn met hierdie free to air kanale is dat hulle jou bombardeer met advertensies. FOXTEL wys bietjie minder advertensies, maar ook nie veel minder nie.

In elk geval, ek het nou heel van die pad af gegaan met die storie. Meeste van julle sit en snork seker alreeds.

Ek sien toe dat hierdie bondel-affêre goed werk. As jy jou internet, jou FOXTEL en jou foon almal saambondel by Tesltra, dan kry jy goeie afslag. Jy kry ook net een rekening vir al drie daardie goed, wat jou betaling makliker maak. Ek het dit intussen al so saamgebondel, maar ek soek eintlik die IQ decoder wat kan record en agteruit-speel en koffie maak en al daai dinge doen.

Ek was nou vir ongeveer 40 minute op die foon met Telstra se helpdesk. Meeste van die tyd was my foon natuurlik op speakerphone en het ek na musiek geluister. Maar om ‘n baie laaaang storie kort te maak, kry ek nou FOXTEL IQ saam met 25G broadband elke maand (ipv die 12G wat ek gehad het), en ‘n beter home phone opsie wat my ekstra gratis lokale oproepe gee, en dit kos my alles saam $10 minder per maand as wat ek tot nou toe elke maand betaal het.

Hoe verstaan mens dit? Hoekom het ek dit nie al lankal gedoen nie, wonder ek?

Elke dag leer mens iets nuuts…as jy jou oë oophou, natuurlik.

No comments:

Post a Comment