Sunday, October 30, 2011

The Big Aussie BBQ

Gister was weer ‘n lekker dag.  Die Wes-Australiese regering het besluit ons gaan vir die Koningin op die regte manier totsiens sê – met ‘n massiewe barbeque op die Perth foreshore.

IMG_1348

Daar was 120 barbeques, 120,000 worsies (ongelukkig nie boerewors nie), 8000 liter tamatiesous, 130,000 koeldranke en meer as 100,000 mense het kom kyk hoe lyk Her Majesty.

Publieke transport was alles gratis, en ons het die trein ingevat stad toe.

Ons het redelik vroeg daar aangekom, en kon in die “main stage” area plek kry om te sit.  Die ander mense het die Queen op ‘n screen gesien, of in haar kar gesien ry, maar ons het haar reg voor ons in lewende lywe beloer.

IMG_1484

Dit het wel later probleme veroorsaak, want Anica wou toilet toe gaan en om toilet toe te gaan moet jy deur 7 hekke gaan, stempels op jou hand kry en weer jou weg terugvind deur die massas mense.  Dieselfde as jy worsies of koeldrank wil he.

IMG_1391IMG_1392

Maar mensig dit was pret.  Meer as honderd duisend mense, en die polisie het nie nodig gehad om een mens te arresteer nie.  Dit was ‘n alkohol-vrye arena, en mense het hulle uitsonderlik goed gedra. 

Die mense het die volkslied uit volle bors saamgesing en die arme tannie wat voorsing, wat die liedjie wou trek, kon nie by die mense byhou nie.  Ons het almal gratis vlaggies gekry om te waai – daar was die Australiese nasionale vlag, en ook die Wes-Australiese vlag wat ‘n swart swaan op het.

IMG_1441

Ons was naby al die aksie en kon Her Majesty in lewende lywe aanskou daar op die verhoog.  Toe ons vir Anica vra hoe lyk die koningin, toe sê sy “baie oud!”

IMG_1458

Blykbaar het Her Royal Highness ook vroeër die week na Carissa se CHOGM foto gekyk, en sy was baie beindruk met die mooi jong dame uit Afrika. 

Carissa Portrait Nomad

IMG_1483cropped

Op pad terug het ons eers by IKEA gaan stop vir ‘n goedkoop ete, en toe ons uiteindelik baie later by die huis aankom was almal lekker moeg na die vreeslike lang dag.  Ons het nou in een week se tyd die Premier ontmoet en die Queen gesien. 

Ek het nou ‘n vakansie nodig.

IMG_1377

Monday, October 24, 2011

Ons kuier met die Premier

Ons was vanaand by die opening van die uitstalling van die oorspronklike kunswerke vir die Nomad Two Worlds - Portrait of Diversity exhibition vir CHOGM by die staatsteater in Perth.

Ons het die premier van WA, Colin Barnett, ontmoet en hy het dadelik vir Carissa herken van die foto af.  Hy het aangebied om oor te stap na haar foto toe en daar ‘n foto saam met ons te neem.

IMG_0394IMG_0400

IMG_0401

IMG_0391

IMG_0387

Sunday, October 16, 2011

The face of Namibia for CHOGM 2011

IMG_1312IMG_1315

Hierdie uitstalling is vandag geopen in die Murray street mall in Perth.  Die premier van Wes Australia het die idee gehad om Verteenwoordigers van al 53 lidlande van die Commonwealth te soek wat in Wes Australië woon.  Hulle kon 50 lande se mense hier vind – net 3 lande se verteenwoordigers moes in New York afgeneem word. 

Ons was die verteenwoordigers vir die onbekende landjie met die naam van Namibia.  Ons het ure in kings Park spandeer saam met die fancy fotograaf wat ons uit elke hoek en kant beloer het met sy kamera.

Carissa se foto is gekies om Namibia mee te verteenwoordig, en dit was deel van die 53 groot fotos wat uitgestal is in die middel van die stad vandag.

IMG_1316

Monday, August 29, 2011

Wednesday, August 17, 2011

Pragtige natuurfotos

Hierdie natuurfotos is so mooi, my oë traan nou eintlik van vreugde:

IMG_1129

IMG_1132IMG_1141

IMG_1131

Regte egte organic biltong – no other animals were harmed during the making of this product.  Completely biodegradable and environment-friendly.

Dit kan mos net ‘n ou biltongboer se hart blymaak om dit te sien.  My ou biltongkassie het ‘n goeie job gedoen.

Die lewe is ‘n fees!

Saturday, August 13, 2011

Biltongkas

My vorige pogings om biltong te maak met ‘n stupid dehydrator het nie lekker gewerk nie.  Die ding waai warm wind deur die vleis, maar hy maak dit te warm, en dan is die vleis so half gekook – nie lekker nie.  As jy dit nie vinnig genoeg uithaal nie dan kook die vleis, maar die dikker stukke is weer nie reg as jy dit te vroeg uithaal nie.

IMG_0931

Toe besluit ek dis tyd vir bietjie handewerk in die garage.  Ek bou eerder my eie “purpose-built” boer-maak-‘n-plan biltongkas:

Biltongkas sonder gaas

Ek het sommer vir die ding wiele ook gegee, nou kan hy vinnig geskuif word as die aliens aanval of as ons moet vlug vir die wille dingos.  Ek kan hom dalk agter die kar sleep as ons op vakansie gaan ook.

wheeliebin

Die gaas het ek met ‘n staple gun vasgestik – so maklik soos niks. Die hardste werk was om al die lyne te span binne-in:

IMG_0969

Nou moet ek net eksperimenteer met tyd, windrigtings en temperature, en dan het ons ‘n wenresep. 

IMG_1123

Biltong verkoop in hierdie geweste vir meer as $60 per kg.  Ek gaan ‘n miljenêr word – dis nou as ek nie al my profyt self opvreet nie.

Friday, July 22, 2011

Apple crumble

Michael het nou ewe kook-klasse by die skool, en hy het vir ons ‘n lekker “apple-crumble” tert gemaak in die vakansie.

Dalk sal my droom van my eie coffee shop eendag nog waar word, ha-ha:

IMG_0920IMG_0917

Sunday, July 10, 2011

Die biltong fabriek

Ek het uiteindelik so ver gekom om my eie biltong te maak. Ek het ‘n “dehydrator” gekoop wat die biltong uitdroog.

Al fout wat ek met my eerste sarsie gemaak het, was om “corned silverside” te koop. Corned meat is vleis wat klaar ingesout is – met die gevolg dat my biltong verskriklik sout uitgedraai het. Ek sal nie daai fout weer maak nie!

Andersinds het die masjien lekker gewerk – binne 2 dae was al die vleis droog, en eintlik was die dunner stukkies al te droog. Nou het ons hope sout om op te eet. 

Sewe sakke sout gaan nou vinnig opgeëet word…

IMG_0859

Hier bo is die vleis nadat dit asyn en speserye gekry het.  Basiese speserye is baie eenvoudig: koljander, peper, sout (behalwe as jy corned beef gekoop het…) Los in die yskas vir so paar uur, en haal dan uit.

IMG_0861

So lyk die dehydrator met die vleis in – die 5 rakke is almal vol:

IMG_0863

So lyk die biltong na ‘n halwe dag in die dehydrator:

IMG_0867

Finale produk, twee dae later:

IMG_0909

Jummy biltongIMG_0911IMG_0912