Ons oudste het onlangs ‘n tiener geword – nog moeilik om te glo.
Sunday, February 27, 2011
Thursday, February 17, 2011
Tuesday, February 8, 2011
In sak en as
Hier Doer Onner is dit die een ramp op die ander. Dit laat mense in die buiteland seker dink die hele land val uitmekaar. As jy egter in gedagte hou die land is 'n hele kontinent wat so groot is soos die VSA, dan is dit soos om te sê 'n vloed in Mosambiek het iets te doen met Windhoek.
Na helfte van Queensland weggespoel (of weggewaai) het laas week, het die brande nou hier in Perth uitgebreek, terwyl Victoria nog steeds vloede ervaar.
Hier net Oos van Perth le so bergreeksie wat bekend staan as “The Hills”. Dis nie veel van ‘n berg nie - as jy nou van Windhoek of Kaapstad af kom is ‘n berg ‘n ding wat jy van ver af kan sien. Maar dit is die enigste iets hier rond wat soos ‘n berg lyk. Die Hills area is baie mooi, die mense bly in groot huise in die koppe met woude reg rondom hulle. Daar is baie koffiewinkels, plantewinkeltjies en organic shops en sulke arty-farty winkels. Die area is egter reg in die bos, en staan altyd groot gevaar om aan die brand te slaan. Hier in die geweste is dit bitter droog, geen nat weer soos in Queensland nie. As jy hard nies slaan die veld sommer aan die brand.
Gister oggend het ek na die radio geluister. Op 720AM radio word die hele brand in detail gevolg en verduidelik. Wat gister oggend gebeur het, was egter nogal skokkend. Hulle het die vorige dag al mense opdrag gegee om hulle huise te verlaat, en paaie is afgeblok om te keer dat hulle teruggaan. Dit beteken baie mense het slegs geweet daar is 'n brand in hulle woonbuurt, maar hulle mag nie na hulle huise toe gaan om te gaan kyk nie.
Een van die waarskuwings wat hulle oor die radio gee is "you need to leave now, or prepare to defend your property." Nie iets wat mens graag wil hoor nie.
Die volgende oggend kom almal in een of ander saal bymekaar, meeste van hulle weet nie of hulle huise nog staan nie. 'n Ou lees een vir een die huisadresse af, en sê dan wat die skade is.
124 so-and-so street - 100% damage
13 whatever road - 100% damage
So gaan hy aan.
Dink jou dit in as jy in daai saal moet sit en wag vir jou adres om gelees te word.
Ek het hierna gesit en luister terwyl dit gebeur, en mens kan nie help om ‘n knop in jou keel te kry vir hierdie arme mense nie.
Meer as 70 huise het afgebrand, alles omdat iemand met 'n grinder gewerk het en in die proses die veld aan die brand gesteek het. Hier was 'n "total fire ban" - een van daai goed wat beteken jy mag nie braai nie - jy moet liewer "barbie" met gas. Dit beteken ook dat jy nie met implemente soos grinders mag werk in 'n oop area nie.
Mens kan sien hoekom hulle nie altyd hou van die braaivleis-vure nie.
Die regering hier is baie vinnig om mense te help, en die WA staatsregering het reeds vanoggend in die koerant genoem dat mense die volgende vergoeding sal kry:
Mr Barnett declared the Roleystone fire scene a natural disaster area but added the fact no lives had been lost was a blessing.
“On behalf of the WA Government and the people of this State I do extend my sincere sympathy to those people who have lost their homes.
“The stress, the trauma of this will go on for some time,” he said.
“There has been no loss of life. There have been three admissions to hospital through smoke inhalation and very unfortunately one volunteer firefighter was quite severely injured in a vehicle accident yesterday.”
“Whilst the level of funding is still being assessed, it is important for people to be aware early that the State Government will stand with them to ensure they get the assistance they deserve,” Mr Barnett said.
He said the Government would also provide immediate financial help to people affected by the fire.
“Families will be able to get immediate access to assistance through the Department for Child Protection,” Mr Barnett said.
The Premier made $3000 immediately available to those who had lost homes while those whose homes were damaged could apply for $1000
Dis seker nie veel nie, maar ek is seker dit help.
Hier is ‘n foto wat NASA uit die lug uit geneem het van die twee brande in Perth. Jy kan die Hills sien soos wat dit van bo na onder loop in die regterkant van die foto:
Thursday, January 27, 2011
Australia Day
Gister was Australia Day, en soos gewoonlik was dit ‘n groot fees regoor die land. Mense trek op na die stad in hulle hordes, en gister was daar meer as 300,000 mense by die feesvieringe. Almal trek op met kinders en pakkasies en hou piekniek al hier van 4uur die middag af. Teen 7 uur raak dit skielik baie meer beknop, maar elke ou kry darem nog ‘n sitplekkie iewers in Kings Park.
Die vuurwerke begin net na 8 uur, en die volkslied word uit volle bors gesing net voor dit afskop. Mense bring hulle radios saam en dan speel die radiostasie die musiek vir die volkslied en die vuurwerke.
Die atmosfeer is altyd baie positief en mens kan nie help om saam te “oi oi oi” nie.
Hier is ‘n paar fotos
Friday, January 7, 2011
Anica se eerste solo nommertjie
Kliek op die link, en kliek dan op die driehoekige oranje knoppie wat soos 'n PLAY button lyk - hopelik werk dit nou!
Wednesday, January 5, 2011
‘n Dag op die Swan rivier
Anica se maatjie Madison se pa Phil het ‘n boot, en hy het al lankal gesê ons moet eendag saam uitgaan op sy boot. Hulle is oorspronklik van Zimbabwe af, en bly ook al so paar jaar hier in Perth.
Ons het toe Maandag ‘n dag daarvan gemaak, en dit was baie lekker. Die son was warm soos altyd, en ons het ‘n cool-box vol ys en koeldrank saam met die piekniek kos gelaai.
Michael het ook ‘n beurt gekry om die boot te bestuur, en ek en Celesti het ook later probeer matroos speel.
Mens sien ‘n baie mooi uitsig van die stad as jy op die rivier ry.
Thursday, December 30, 2010
Einde van die jaar
Ons het Ou-Kersaand weereens die jaarlikse Weck-Nativity scene ding gedoen, met Anica wat nou al opgegradeer het van Baby Jesus se rol na Moeder Maria se rol. Kan jy glo.
Ons het ook intussen ‘n goedkoop opblaas swembad gekoop, en ek dink dit was een van my beter beleggings hierdie jaar gewees. Die kinders geniet die ou poeletjie gate uit.
Siende dat daar deesdae waterbeperkings is, dink ek nie die Watercorp gaan te gelukkig met my wees oor al die water wat so rondspat nie. Aan die ander kant, ek gebruik die produk wat ons verkoop - dit mos goeie bemarking of hoe?
Die Weber is ook ingespan om ‘n paar stukkies boerewors gaar te maak:
Daar was baie ys en drinkgoeters ook – dit was ‘n warm Desember hierdie:
Ons het ook ‘n nuwe tafel vir die agterplaas gekry, en hy is goed ingewy op Ou-Kersdag:
Hier is ‘n paar van die toneelstuk se fotos:
Wayne was die ster van Betlehem:
En toe was dit tyd vir die “rondomtalie presentjie speletjie”:
Einde van die jaar se dinge
Hier het so baie goed gebeur die laaste tyd, en ek raak bietjie agterstallig met die blog-stukkies.
Ek en Michael het so tydjie terug ‘n basketball wedstryd gaan bywoon saam met Dave en sy seuns. Dis die tweede keer dat ons basketball gaan kyk. Die Perth Wildcats het die Melbourne Tigers aangedurf en goed pakgegee.
Die skare het vreeslik ge-BOO elke keer as die swart ou hier bo die bal in die hande kry. Ek dink in Suid Afrika sou dit dalk deurgaan as diskriminiasie, maar hier is dit maar net ‘n teken dat hy een van die min gevaarlike spelers van die ander span was.
Daar is vier kwartrondtes, en honderde “time-outs” tussen-in. Tydens een van die pouses het hierdie twee karakters ons vermaak met hulle vuurmakery. Hulle weet niks van braai af nie, hulle hou net van speel met groot vuurhoutjies:
Michael en sy maatjie Jamon:
Ons hou intussen vreeslik vakansie, en die maatjies kuier oor en weer. Anica het nou al meer “sleep-overs” in haar vyf-jaar leeftyd gehad as wat ek gehad het in my hele lang lewe.
Daar was ook nou al honderde konserte gewees. Hierdie tyd van die jaar word daar vreeslik ge-konsert.
Hierdie fotos was geneem tydens die Carols-aand:
Anica is daar iewers in die middel, met haar maatjie Maddy.
Dit was toevallig een van die min dae in hierdie somer waar dit ‘n slag gereen het. Dis baie droog en warm hier op die oomblik – voel soos Windhoek.
Ons het ook snaakse fotos van die liggies geneem: