Sunday, April 4, 2010

Yallingup

Capture

Ons het laas naweek by Yallingup gaan kamp.  Hier is ‘n paar fotos:

IMG_5845 IMG_5832 IMG_5839 IMG_5840 IMG_5841 IMG_5843 IMG_5844 

Ons het weer by Yallingup Maze ‘n draai gaan maak.  Hier kan jonk en oud raaisels uitwerk en ingewikkelde probleme probeer oplos.  Die kinders het in die doolhof rondgehardloop terwyl ons koffie gedrink het en probeer het om ‘n paar houtblokkies in ‘n blok te pak:

IMG_5864 IMG_5849 IMG_5853 IMG_5854 Ons het ook by die chocolate fabriek ‘n draai gaan maak.  Dit lyk baie soos die ene in Perth:

IMG_5887 IMG_5865 IMG_5867 IMG_5869 IMG_5876 IMG_5878 IMG_5885 Daarna het ons na ‘n wynplaas toe gegaan op soek na ‘n coffee shop wat nie meer bestaan nie.  Die weer was bietjie nat, en ons het ‘n tydjie hier gekuier:

IMG_5904 IMG_5891 IMG_5895 IMG_5899 IMG_5902

Die Sondag oggend, oppad terug, het ons by die roomys fabriek naby Dunsborough ‘n draai gemaak:

IMG_5944 IMG_5917 IMG_5919 IMG_5922 IMG_5923 IMG_5938

Friday, March 5, 2010

Die spinnekoppe

IMG_5803

Van links na regs is dit Pappa spinnekop, Mamma spinnekop, Boetie spinnekop, Sussie spinnekop, en heel agter is Baba spinnekop.  (Dis nou Anica se verhaaltjie die.)

Hulle almal het “…‘n gaatjie in hulle maag net soos ons sinne, maar Pappa sinne is platter”…  (wat dit ook al mag beteken!)

(Almal van hulle lyk na baie vriendelike spinnekoppe.)

Thursday, February 25, 2010

Foto van my dashboard vanmiddag

image

Eish – met eish ja, met baie eish…

Wednesday, February 24, 2010

Michael se verjaardag

Michael het gister 12 geword.  Dit voel soos gister toe hy nog ‘n klein babatjie was. 

scan005B scan0002 scan003B

Saterdag is die groot partytjie gehou:

IMG_5759

IMG_5760IMG_5757

Anica en Jessie het mekaar besig gehou in die kamer:

IMG_5762

Intussen word dit weer warm in hierdie geweste, met voorspellings vir die volgende paar dae wat bietjie rof lyk:

image image

Kunswerkie

image

Dis Anica en Pappa en Mamma…

Friday, February 12, 2010

Die stadige pad

Haar skoene maak sloef-slof, sloef slof teen die grond. As jy na haar voete luister, dan klink dit asof sy vreeslik vinnig loop. Sy gee drie treë vir elke tree wat ek gee. Maar eintlik beweeg ons meer soos rustige skilpaaie wat te veel medisyne gedrink het.

Sy is verbaas dat sy nie vandag ‘n skaduwee het nie. Dis bewolk, en die son kruip weg. Sy soek rond en hop en spring, maar die skaduwee is bietjie stout vandag.

Ek hou haar handjie vas, en ons praat al die pad skool toe. Haar blou skooltas is in my ander hand. Sy lag so maklik. Daar is min dinge so aansteeklik soos ‘n Anica-laggie.

“Kyk daai pappagaai!”, sê sy, en wys na ‘n voël wat beslis nie ‘n papegaai is nie. Hy is bruin van kleur en lyk vir my meer na ‘n muisvoël. “Hier is baie pappagaaie, ne pappa?”, vra sy terwyl haar skoene sloef-slof teen die paadjie.

Die pad skool toe is nie baie lank nie, maar as jou bene so lank soos Anica sin is, is dit ‘n redelike entjie. Sy wys vir my waar haar klas is, en eers verdwaal ons bietjie in die skoolgronde.

Pappa het vandag afgevat by die werk omdat ousus se tande geopereer moet word. Iemand moet vir Anica by die skool aflewer en weer gaan haal, en daai iemand was net te bly om siekverlof by die werk in te sit daarvoor.

By die klassie ontmoet ek vir Juffrou Missus Watsenaam, en Anica sit haar appel in die klas se vrugtebakkie. Ons hang haar skooltas teen die rak op by haar plekkie nadat sy haar waterbottel in sy rakkie gesit het.

Ek wil nog groet, maar die jong dametjie het nie tyd vir drama nie. Sy speel alreeds ‘n hond uit ‘n bos uit, en het al vergeet van haar pa. Juffrou watsenaam gesels vreeslik met Pappa totdat die volgende ouer opdaag. Pappa verdwyn in die agtergrond.

Die paadjie terug huis toe gaan nou baie vinniger, maar is so bietjie eensamer as netnou.

Twaalfuur sal ek haar weer gaan haal, dan stap ons weer lekker stadig terug...

Saturday, February 6, 2010

Tuesday, January 26, 2010

Australia day – by King’s Park

IMG_5629Helikopter vlieg oor die Swan rivier met ‘n grooooooot vlag

Anica swaai die vlag met mening:

IMG_5653

IMG_5647IMG_5655

Oupa George sou die vliegtuie geniet het:IMG_5667IMG_5634  IMG_5676