Party by Beachway
The morning after…
Gister was weer ‘n lekker dag. Die Wes-Australiese regering het besluit ons gaan vir die Koningin op die regte manier totsiens sê – met ‘n massiewe barbeque op die Perth foreshore.
Daar was 120 barbeques, 120,000 worsies (ongelukkig nie boerewors nie), 8000 liter tamatiesous, 130,000 koeldranke en meer as 100,000 mense het kom kyk hoe lyk Her Majesty.
Publieke transport was alles gratis, en ons het die trein ingevat stad toe.
Ons het redelik vroeg daar aangekom, en kon in die “main stage” area plek kry om te sit. Die ander mense het die Queen op ‘n screen gesien, of in haar kar gesien ry, maar ons het haar reg voor ons in lewende lywe beloer.
Dit het wel later probleme veroorsaak, want Anica wou toilet toe gaan en om toilet toe te gaan moet jy deur 7 hekke gaan, stempels op jou hand kry en weer jou weg terugvind deur die massas mense. Dieselfde as jy worsies of koeldrank wil he.
Maar mensig dit was pret. Meer as honderd duisend mense, en die polisie het nie nodig gehad om een mens te arresteer nie. Dit was ‘n alkohol-vrye arena, en mense het hulle uitsonderlik goed gedra.
Die mense het die volkslied uit volle bors saamgesing en die arme tannie wat voorsing, wat die liedjie wou trek, kon nie by die mense byhou nie. Ons het almal gratis vlaggies gekry om te waai – daar was die Australiese nasionale vlag, en ook die Wes-Australiese vlag wat ‘n swart swaan op het.
Ons was naby al die aksie en kon Her Majesty in lewende lywe aanskou daar op die verhoog. Toe ons vir Anica vra hoe lyk die koningin, toe sê sy “baie oud!”
Blykbaar het Her Royal Highness ook vroeër die week na Carissa se CHOGM foto gekyk, en sy was baie beindruk met die mooi jong dame uit Afrika.
Op pad terug het ons eers by IKEA gaan stop vir ‘n goedkoop ete, en toe ons uiteindelik baie later by die huis aankom was almal lekker moeg na die vreeslike lang dag. Ons het nou in een week se tyd die Premier ontmoet en die Queen gesien.
Ek het nou ‘n vakansie nodig.
Ons was vanaand by die opening van die uitstalling van die oorspronklike kunswerke vir die Nomad Two Worlds - Portrait of Diversity exhibition vir CHOGM by die staatsteater in Perth.
Ons het die premier van WA, Colin Barnett, ontmoet en hy het dadelik vir Carissa herken van die foto af. Hy het aangebied om oor te stap na haar foto toe en daar ‘n foto saam met ons te neem.
Hierdie uitstalling is vandag geopen in die Murray street mall in Perth. Die premier van Wes Australia het die idee gehad om Verteenwoordigers van al 53 lidlande van die Commonwealth te soek wat in Wes Australië woon. Hulle kon 50 lande se mense hier vind – net 3 lande se verteenwoordigers moes in New York afgeneem word.
Ons was die verteenwoordigers vir die onbekende landjie met die naam van Namibia. Ons het ure in kings Park spandeer saam met die fancy fotograaf wat ons uit elke hoek en kant beloer het met sy kamera.
Carissa se foto is gekies om Namibia mee te verteenwoordig, en dit was deel van die 53 groot fotos wat uitgestal is in die middel van die stad vandag.
Hierdie natuurfotos is so mooi, my oë traan nou eintlik van vreugde:
Regte egte organic biltong – no other animals were harmed during the making of this product. Completely biodegradable and environment-friendly.
Dit kan mos net ‘n ou biltongboer se hart blymaak om dit te sien. My ou biltongkassie het ‘n goeie job gedoen.
Die lewe is ‘n fees!
My vorige pogings om biltong te maak met ‘n stupid dehydrator het nie lekker gewerk nie. Die ding waai warm wind deur die vleis, maar hy maak dit te warm, en dan is die vleis so half gekook – nie lekker nie. As jy dit nie vinnig genoeg uithaal nie dan kook die vleis, maar die dikker stukke is weer nie reg as jy dit te vroeg uithaal nie.
Toe besluit ek dis tyd vir bietjie handewerk in die garage. Ek bou eerder my eie “purpose-built” boer-maak-‘n-plan biltongkas:
Ek het sommer vir die ding wiele ook gegee, nou kan hy vinnig geskuif word as die aliens aanval of as ons moet vlug vir die wille dingos. Ek kan hom dalk agter die kar sleep as ons op vakansie gaan ook.
Die gaas het ek met ‘n staple gun vasgestik – so maklik soos niks. Die hardste werk was om al die lyne te span binne-in:
Nou moet ek net eksperimenteer met tyd, windrigtings en temperature, en dan het ons ‘n wenresep.
Biltong verkoop in hierdie geweste vir meer as $60 per kg. Ek gaan ‘n miljenêr word – dis nou as ek nie al my profyt self opvreet nie.
Michael het nou ewe kook-klasse by die skool, en hy het vir ons ‘n lekker “apple-crumble” tert gemaak in die vakansie.
Dalk sal my droom van my eie coffee shop eendag nog waar word, ha-ha: