Sunday, July 10, 2011

Die biltong fabriek

Ek het uiteindelik so ver gekom om my eie biltong te maak. Ek het ‘n “dehydrator” gekoop wat die biltong uitdroog.

Al fout wat ek met my eerste sarsie gemaak het, was om “corned silverside” te koop. Corned meat is vleis wat klaar ingesout is – met die gevolg dat my biltong verskriklik sout uitgedraai het. Ek sal nie daai fout weer maak nie!

Andersinds het die masjien lekker gewerk – binne 2 dae was al die vleis droog, en eintlik was die dunner stukkies al te droog. Nou het ons hope sout om op te eet. 

Sewe sakke sout gaan nou vinnig opgeëet word…

IMG_0859

Hier bo is die vleis nadat dit asyn en speserye gekry het.  Basiese speserye is baie eenvoudig: koljander, peper, sout (behalwe as jy corned beef gekoop het…) Los in die yskas vir so paar uur, en haal dan uit.

IMG_0861

So lyk die dehydrator met die vleis in – die 5 rakke is almal vol:

IMG_0863

So lyk die biltong na ‘n halwe dag in die dehydrator:

IMG_0867

Finale produk, twee dae later:

IMG_0909

Jummy biltongIMG_0911IMG_0912

Gingin Observatory

Ons het Saterdag-aand bietjie gaan sterre kyk by die space centre in Gingin.

Ons het deur teleskope gekyk na Saturnus se ringe, en die kraters op die maan van naderby bekyk.

Die trippie het natuurlik ook ‘n piekniek ingesluit:

IMG_0880IMG_0868

“The leaning tower of Gingin” – deel van die Gravitational Centre, wat navorsing doen op die aarde se gravitasie velde.  Blybaar die enigste een in die suidelike halfrond.

IMG_0895

IMG_0892IMG_0900IMG_0872IMG_0901IMG_0904IMG_0905IMG_0885IMG_0908

Houtwerk

Michael het houtwerk gehad hierdie semester en het besluit hierdie is nou Pa se geskenk, siende dat almal altyd my penne steel by die huis:

IMG_0854IMG_0852

Friday, May 27, 2011

Meet the professionals

James O Connor het vanoggend hier op die Brittannia velde kom rondloop, waar Michael sy rugby wedstryde speel elke Saterdag.

Hy het heeltyd agter my aangeloop en wou my handtekening he, maar ek was bietjie te besig.  Ek het gesê ek sal toelaat dat hy 'n foto saam met Michael neem as hy hom goed gedra.  Ek het hom ook later so paar tricks geleer en tips gegee vir sy volgende wedstryd vir die Force.


Saturday, May 21, 2011

Cocos island

Ek stuur gou 'n briefie hier van die middel van die Indiese oseaan af.  Ek "werk" so bietjie hier op Cocos island.  Ek verstaan regtig nie hoekom die mense in Perth die moeite doen om Bali toe te vlieg nie - hierdie plek is baie beter as jy my vra.  Geen terroriste en bomme nie.  Die karre staan oral rond met sleutels nog binne-in, en ruite oop.  Niemand sluit enigiets toe nie.  Die water het die mooiste kleure.

Hier is 'n paar fotos:








Sunday, May 15, 2011

Narrogin mannekamp

IMG_0550

Ek en Michael was die naweek naby Narrogin op ‘n plaas waar ons ‘n men’s camp bygewoon het.  Ons het ‘n boer se huis help klaarbou, en Saterdagaand so bietjie gaan jag vir Kangaroos en ander pestilensies.

IMG_0619

Ons het ‘n bonfire aangesteek wat uit ten minste tien groot bome bestaan het – lieflik.

IMG_0637

IMG_0740IMG_0800IMG_0803

Die jaggery was maar ‘n gesukkel, want die plek is droog en daar is nie veel dierasies wat rondloop nie.  Die ou wat die dubbelloop haelgeweer die meeste van die tyd  beetgehad het, kon ook nie ‘n kangaroo op 10m raakskiet nie, en wou aanmekaar weer en weer probeer.

Ek het later een kansie gekry om ‘n jakkals te skiet, maar kon net een skoot inkry toe hy onder die draad deur hardloop.

Dit was vet pret  - seker die eerste keer wat ek op iets lewendigs skiet in meer as 4 jaar.  Die bakkie stop vir niks, jy moet jou skoot sommer so in die ry inkry – nou nie heeltemal dieselfde as spingbokke in die Kalahari jag nie, maar steeds groot pret.

Ons het ook so bietjie “skeet shooting” gedoen met die haelgeweer.

IMG_0588

Michael het sy eerste skoot met ‘n haelgeweer ook gekry.

IMG_0663IMG_0651

IMG_0806IMG_0679IMG_0698

IMG_0714

IMG_0795

My job was om te help insulasie insit in die dakke, en ek het een van hierdie oranje pakkies aangehad die heel dag lank, en met my hande heeldag bo my kop gestaan werk en lere op en af geklim.  Nie ‘n job wat ek vir ‘n lewe sal wil doen nie:

IMG_0694

Saturday, May 7, 2011

Rugby fotos

Ons “Wanneroo Dogs” onder-13 span het vanoggend teen Joondalup gespeel en met meer as 9 drieë gewen teen nul.

Hier is Michael se aksie fotos:

IMG_0463IMG_0464

IMG_0465

Hierdie was sy drie, maar my kamera se timing was bietjie uit – hys die outjie agter die blou outjies met die bal in sy hand oppad doellyn toe.  Mens kan net sy sokkies sien:

IMG_0437IMG_0437

Sommer net ‘n foto

IMG_0356

Wednesday, May 4, 2011