Sunday, December 12, 2010
Friday, December 3, 2010
Vuurwerk fotos
Ons was by ‘n vuurwerkvertoning by Hillarys Boat Harbour laas naweek. Ek het bietjie rondgespeel met my kamera en ‘n paar indrukwekkende fotos geneem, al moet ek dit self sê:
Friday, November 12, 2010
Carissa se Darwin toer
Ek het nou al geskryf oor Michael se trippie na Canberra, maar intussen het Carissa ook Darwin toe gegaan vir die TOMS nasionale kompetisie.
Hulle spannetjie het tweede plek gekry, en was baie verheug oor hulle prestasie. Oor die algemeen het spanne van Wes Australië baie goed gevaar.
Ma was maar bietjie bekommerd oor sussa wat alleen na die “Top end” gaan, maar sussie was baie self-versekerd, en het die tyd weg van die huis af baie geniet.
Een van die vriendelike diere van die Northern territory:
‘n Lekker speelparkie in Darwin:
Tuesday, November 9, 2010
Vandag is my verjaarsdag ek is 5 jaar oud!
Dis al weer sulke tyd – iemand verjaar. Anica is nou sowaar al 5 jaar oud.
Sy het tot dusver ‘n baie lekker dag gehad en is baie opgewonde oor die affêre.
More is dit Ma se beurt…