Friday, July 22, 2011

Apple crumble

Michael het nou ewe kook-klasse by die skool, en hy het vir ons ‘n lekker “apple-crumble” tert gemaak in die vakansie.

Dalk sal my droom van my eie coffee shop eendag nog waar word, ha-ha:

IMG_0920IMG_0917

Sunday, July 10, 2011

Die biltong fabriek

Ek het uiteindelik so ver gekom om my eie biltong te maak. Ek het ‘n “dehydrator” gekoop wat die biltong uitdroog.

Al fout wat ek met my eerste sarsie gemaak het, was om “corned silverside” te koop. Corned meat is vleis wat klaar ingesout is – met die gevolg dat my biltong verskriklik sout uitgedraai het. Ek sal nie daai fout weer maak nie!

Andersinds het die masjien lekker gewerk – binne 2 dae was al die vleis droog, en eintlik was die dunner stukkies al te droog. Nou het ons hope sout om op te eet. 

Sewe sakke sout gaan nou vinnig opgeÃĢet word…

IMG_0859

Hier bo is die vleis nadat dit asyn en speserye gekry het.  Basiese speserye is baie eenvoudig: koljander, peper, sout (behalwe as jy corned beef gekoop het…) Los in die yskas vir so paar uur, en haal dan uit.

IMG_0861

So lyk die dehydrator met die vleis in – die 5 rakke is almal vol:

IMG_0863

So lyk die biltong na ‘n halwe dag in die dehydrator:

IMG_0867

Finale produk, twee dae later:

IMG_0909

Jummy biltongIMG_0911IMG_0912

Gingin Observatory

Ons het Saterdag-aand bietjie gaan sterre kyk by die space centre in Gingin.

Ons het deur teleskope gekyk na Saturnus se ringe, en die kraters op die maan van naderby bekyk.

Die trippie het natuurlik ook ‘n piekniek ingesluit:

IMG_0880IMG_0868

“The leaning tower of Gingin” – deel van die Gravitational Centre, wat navorsing doen op die aarde se gravitasie velde.  Blybaar die enigste een in die suidelike halfrond.

IMG_0895

IMG_0892IMG_0900IMG_0872IMG_0901IMG_0904IMG_0905IMG_0885IMG_0908

Houtwerk

Michael het houtwerk gehad hierdie semester en het besluit hierdie is nou Pa se geskenk, siende dat almal altyd my penne steel by die huis:

IMG_0854IMG_0852