Friday, September 17, 2010

Tyd om fees te vier

Ons vier vandag twee jaar in Australië, en my verjaarsdag was ook laas week.

Ek het hierdie jaar ‘n klomp goeie geskenke gekry vir my verjaardag. My een vriend James het hier opgedaag met ‘n big-screen TV.

IMG_8674

Daar is ‘n prentjie van die Pous op net om die ding heiliger te laat lyk…

Ek het al voorheen ‘n big screen by my ander vriend Tony gekry, maar hy was een van daai meer outydse tipes wat ‘n ton weeg.  Hy staan in die kinders se speelkamer.  Dus is hierdie nou al die tweede big screen wat ek present kry vandat ons hier geland het!

IMG_8676

En my vroulief het vir my ‘n ordentlike koffiemasjien gekoop. Die ding forseer warm water teen 15 bar deur die koffie - ‘n regte egte koffiemasjien hierdie.

IMG_8675

Daai koffie is so lekker, as ek in die oggende werk toe ry dan proe ek nog daai lekker koppie koffie hier in my mond - al het ek my tande geborsel. Die hele dag lank droom ek van daai lekker koffie, en kannie wag om weer huis toe te gaan en nog enetjie te brou nie. Mense, dis ‘n lekker lewe die.

Gisteraand het ek en my mooi vroutjie gaan uiteet. Ek het ‘n plek bespreek in die stad. Dis ‘n restaurant op die 33 ste vloer van die St Martins gebou. Die hele vloer draai stadig in die rondte terwyl jy daar sit. Dit was ‘n ongelooflike ervaring. Die kos was uit die boonste rakke, alhoewel ons nou en dan moes vra wat beteken die goed op die menu - dis sulke franse woorde.

My bestelling was:

“Char grilled grass-fed beef fillet, cacciatore sausage and brie polenta, roasted Field mushroom and red onion jam and a port jus”

Die sogenaamde polenta is eintlik maar amper soos mieliepap, en alhoewel ek nog nooit ‘n groot pap-vreter was nie, was dit lekker om ‘n slag bietjie mieliepap by my kos te kry.

Die vleis was uitstekend.

My ander helfte het vis bestel:

“Fresh ocean trout, cucumber yogurt, herbed and crumbed zucchini and eggplant, chorizo, chilli confit.”

Dit was blykbaar ook besonders lekker. Die kelner praat ook met so stewige Franse aksent, dus was dit by tye moeilik om uit te vind wat ons eintlik bestel, want hy het gesukkel om dit te verduidelik.

Ons poeding was

“Chocolate moelleux with a raspberry melting heart, vanilla bean ice cream”

Mensig, dit was ‘n stukkie hemel wat aarde toe gekom het. Dis amper soos ‘n chocolate brownie wat nes ‘n muffin lyk. As jy hom oopmaak, dan peul die warm sjokolade sous uit sy magie uit. Heerlik.

17092010(008)

Die hele petalje het my amper $200 uit die sak gejaag, as jy die $11 parkeerplek in die basement bytel. Dis teen vandag se koers amper R1400 vir twee mense. Ek weet nie wat dit deesdae kos om in Suid Afrika uit te eet nie, maar dit klink vir my stewig. (Maar dit was elke sent werd, glo my!)

Ons is nou presies twee jaar al hier in Perth. Kan nie glo hoe die tyd vlieg nie. Vanmiddag vlieg my oudste na Canberra en Sydney vir ‘n skooltoer - ek is so lus om saam te gaan, ek kan my lag nie hou nie. Maar ek sal maar hier by die huis moet bly en die vroumense oppas!

Sunday, September 12, 2010

Groot prestasie

  IMG_8600
Carissa se skool-span het toe hierdie naweek deelgeneem aan die TOM state finals. Dit was gehou by die UWA - University of Western Australia.  Sestig skole het oorspronklik deelgeneem regoor die staat (WA), en hierdie was die kompetisie tussen die finaliste uit daardie skole.

Ons almal het deurgery na UWA, wat naby die stad is in ‘n baie mooi omgewing.  Dit laat mens nogal baie aan Stellenbosch dink.  Ek en Anica het op ‘n stadium bietjie rondgeloop en voëltjies gesien, blaartjies opgetel, en met die eende gesels.  Michael was natuurlik lekker verveeld en het gehelp om Anica besig te hou.
IMG_8610 IMG_8605
IMG_8621 IMG_8637 IMG_8625 IMG_8628 IMG_8632 IMG_8636 IMG_8647
Carissa het agtergebly en die res van ons het gaan rondry en later by McDonalds uitgekom.  Ons het weer teruggegaan teen eenuur om na hulle demonstrasie te kyk, en toe het ek vir Michael en Anica eers huis toe gevat.  Anica het in die kar aan die slaap geraak.  By die huis het ek haar op die bed neergesit, en ‘n uur en ‘n half later het ek haar weer in die kar gesit, nog steeds aan die slaap.  Sy het eers weer wakker geword toe ons by UWA stop.
 IMG_8662
Ons was so klein bietjie laat vir die “Award ceremony”, en ek en Anica moes stil-stil in die paadjie afloop na ons sitplekke toe.  Sy wou natuurlik by Ma gaan sit, en ek moes later weer al die pad terugloop boontoe, agterom, en weer af na Celesti se sitplek aan die oorkant.

Die groot nuus is natuurlik dat Kingsway se primary span, waarvan Carissa deel was, hulle afdeling, “Applied Technology”, gewen het.  Hulle het nou deurgedring na die Nasionale finaal in Darwin, en sy gaan in Oktober Darwin toe gaan vir die kompetisie!

IMG_8666 IMG_8664
Soos ek mos vir almal sê: sy het ma se breins en pa se good looks ge-erf!

Monday, September 6, 2010

Michael by die bbq

Michael is besig om ‘n man te word, en het onlangs ‘n baie belangrike oorlewings–tegniek aangeleer:  Hoe om die barbeque aan te steek en hamburger patties te braai op die plaat.

IMG_8583 IMG_8584 IMG_8585 Hy was baie trots op homself.  En ek ook.

Sunday, September 5, 2010

Saturday, September 4, 2010

Vadersdag 2010

Hier Doer Onner hou ons mos vadersdag op ‘n ander dag as in SA, en vandag was dit my beurt.  Dis te lekker – vandag is Vadersdag, en volgende week verjaar ek!

Ek is wakkergemaak met koffie en Ouma beskuit, en die klomp het vir my gesing.

Anica was eerste met haar geskenkies:

scan0005 scan0004

Die eerste ene is “ ‘n huis, en nog ‘n huis”.  Die tweede ene is “ene van ponies, met ‘n reënbooghuisie.”

Carissa het vir my die pragtige hartjie boksie gemaak met die klomp briefies in:

scan0003

scan0002

Die pienk briefie sê “I love it when you play “kielie en kry” with me, Michael & Anica”.  Anica het eendag die naam vir die speletjie uitgedink, en my kom vra of ons “kielie en kry” kan speel.  (Dis sommer net ‘n mengsel van vang-vang, wegkruipertjie, donkerkamertjie en in die huis rondhardloop.)  Nou is dit die amptelike naam van ons speletjie.

Ek het gister hard genoeg geskimp dat daar ‘n nuwe John Grisham boek by BigW te koop is, en Celesti was skerp genoeg om die skimp te vang.  (Michael was baie beindruk met die geskenk wat “ons” gekoop het, maar was nie heel seker wat hulle gekoop het totdat ek dit oopgemaak het nie…)

Anica het besluit om bo-op my te spring, en toe het ons eers ‘n stoei-sessie bo-op die bed gehad en onder die komberse.

Dis ‘n voorreg om die pa te wees van sulke oulike kinders. 

Wolhaar stories

Ek gesels nou die dag met Anica. Sy het die mooiste beentjies, en ek vertel vir haar dat haar bene net soos pappa sin lyk.

Sy sê vir my “nee, my bene lyk nie soos pappa se bene nie, pappa se bene het wolle op!”

Thursday, September 2, 2010

TOM

Carissa het hierdie jaar weer aan Tournaments of the minds deelgeneem.  Die onderwysers kies leerlinge om deel te neem, en dis die tweede jaar dat sy gekies word.  Hulle het laas naweek by Curtin University deelgeneem, en ons het hierdie week die email gekry van die skool af:


Just a quick email to inform you that the Primary Applied Technology team is through to the State Finals at UWA.

This will be held on  

Western Australian State Final - Sunday 12th September
        University of Western Australia

Then perhaps ....

Australasian Pacific Final - Saturday 23rd October
        Darwin NT
We are very proud of the students achievements.
When we find out more details I will send them on.