Ons het laasnaweek saam met 7 ander Suidafrikaanse gesinne gaan kamp by Ledgepoint. Die pad soontoe is lieflik, en dis maar net omtrent 100km weg van die huis af.
Ons het Vrydagmiddag gery net na die kinders van die skool af gekom het. Ek het Dewald se groot geel treiler geleen en hom “chokkers” gelaai. (Dis nou Australian vir “chock en block”)
Onder andere was daar ons tent, ons grondseiele en matrasse, ons gasbottel en Weber, en ‘n groot sak vol jarrah hout.
Vrydagmiddag het ons tent opgeslaan, en besluit om maar eerder die volgende dag see toe te gaan, want daar was nie tyd vir see toe gaan nie en die wind het so bietjie gewaai. Min het ons geweet dat die wind eintlik nou net begin waai het…
Ons het ons Weber langs Vonnie-hulle sin ingetrek en begin braai met kole. Toe ons klaar gebraai het, besluit ons om bietjie hout op te gooi, sodat ons bietjie om ‘n vuur kan kuier vir ‘n verandering.
Marshmallows in die vuur:
Die “Kampkommandant” het ons teen tienuur die aand kom vertel dat “that is not allowed”, en wou niks weet toe ons hom sê dat ons voor die tyd toestemming gevra het om vuur te maak nie. Ons moes toe maar die ou vuurtjie laat vrek, maar almal was in elk geval moeg genoeg om te gaan slaap. Ek het saam met Vonnie en Sigi see toe gery met hulle kar, en daarna het ons gaan slaap.
Die naweek was baie lekker, maar is gekenmerk deur die wind wat vreeslik gewaai het. Die kinders het wel in die swembad gaan swem, maar die see was vir niemand aanloklik nie.
Saterdag oggend se ontbyt het wors, bacon en eiers ingesluit. Die fasiliteite by hierdie kampplek is uitstekend, met ‘n volledig toegeruste kombuis wat tot almal se beskikking is:
Net buite die kombuis is ‘n “barbie” area waar ons al die braaiwerk gedoen het vir die ontbyt:
Later die Saterdagmiddag het ons manne met Deon se bakkie gaan 4x4 ry op die strand, en Michael het sowaar in die see in gehol.
![]()
Dit was kort en kragtig, en vinnig verby, en toe wou hy huistoe gaan.
Hier is ‘n paar fotos wat ek geneem het terwyl ons rondgery het:
Is die volgende ‘n foto van die maan wat van die aarde af geneem is, of is dit dalk andersom? :
Die duin was bietjie te veel vir die bakkie, en Deon kon hom nie oor die duin kry nie:
![]()
Intussen was Yolandi besig om ‘n potjie aan die gang te hou:
Ons het lank gewag vir die pot, maar dit was die moeite werd.
Celesti en Michael was baie lus vir hierdie pot:
Nog ‘n paar fotos van die naweek:
![]()
Die kamp in die nag:
Op pad terug huis toe sien ons hierdie snaakse ding op die pad: ![]()
Die ou se hond is agter op hierdie plat bak, terwyl hy teen 100km/h ry op ‘n besige pad. Die hond hol heeltyd rond agter op die bak, en elke nou en dan steier hy so bietjie, maar hou sy balans. Ek kan nie glo dat so iets wettig is nie, veral nie in Wes-Australië nie! Hier is selfs ‘n wet in WA dat jy nie mag rook as daar kinders in jou kar is nie.